‘n Boek vol hoop

Daar is sekerlik etiketreëls wat oortree word as ‘n mens ‘n resensie skryf vir ‘n boek waarby jyself betrokke is. Maar eintlik is dit net lastig dat ek in die boek is, want ek sou graag almal wil oortuig om die boek te lees – sonder om soos ‘n trotse eerste publikasie skrywer te lyk! So kyk asb. verby my en wees asb. saam met my opgewonde.

***

So is die boek gebore…

‘n Dag voor kersfees sterf die mooiste blonde dogtertjie en haar ma kry die opdrag om haar storie te skryf, saam met die verhale van vroue wat deur hel en terug is. 

Die heel eerste ding wat ek doen met slegte nuus, is om inligting te soek, want kennis is mag ,het ons geleer. Met die gerusstellende wete dat nog mense in jou skoene was en heel anderkant uitgekom het, kan jy die monster voor jou aandurf. 

Ek was gretig om alles agter my te sit en mense wie se identiteit gebou is rondom hulle trauma maak my moeg. Wie wil nou geken word as die so-en-so-slagoffer of daai vrou wat dit-en-dat oorgekom het. Iewers moet mens ophou wroeg en voortleef.

Toe bel daar eendag ‘n wildvreemde vrou met ‘n baie sagte en oortuigende stem wat my oorrompel met die idee van ‘n boek van hoop vir vroue. Gaan dit my blootstel, etiketteer, of dinge laat herleef wat ek wil vergeet? Miskien, maar dit gaan iemand moed gee om te veg of iemand se geloof versterk. Ek begin tik in dieselfde trant as my blog. Nie te veel grillerige en oorbodige detail nie, ‘n klein skootjie humor, ‘n prekie en ‘n opdrag. Dit is immers my getuienis en lofoffer wat ek het en met dank bring.

Daarna help ek om nog skrywers te werf en help met nog hoofstukke van hoop. Nou raak ons baie opgewonde want die boek se potensiaal raak groot. Die stories is uiteenlopend en die verskillende vroue se traumas in hulle eie pen verwoord, is kosbaar. Die druk om ‘n uitgewer te kry rus swaar op my, want as vryskut skrywer het ek baie kontakte. Anika wil telkens opgee, maar ek het ‘n vreeslike hardkoppige optimisme en geloof in haar manuskrip.

Anika werk hard aan die monument wat sy in haar dogtertjie se nagedagtenis oprig en sy het ‘n “go getter” geaardheid, so ek stoomroller voort met die ondersteuning van kollega Prof Piet Meiring . Hy is ‘n bekende in die kerk en het mense soos Aartsbiskop Tutu as huisvriend. Sy raad en voorbrand by sy uitgewers help ons ontsettend baie, maar uiteindelik begin raak ons gewoond aan die verwerping.

Uiteindelik kom ons by my vriendin – se vriendin – se pa uit – Dr. Fanie Marais van Cordis Trust – ‘n Baie bekroonde en geliefde geestelike uitgewer. Die manuskrip voorbereiding word deur Myra Lochner van Kreativ SA gedoen en Cordis Trust borg ons eerste oplaag. Alles gebeur blitsvinnig en nog voor ons mooi weet wat aangaan kies ons voorblaaie en fotos! ‘n Week voor my ouers kom en ek na my Tasmanie sussie vertrek, arriveer die boek – perfekte tydsberekening vir ‘n geskenk vir elkeen.

En nou sit ek hier in die pragtige Hobart met hope vars seelug en tyd om rustig elk van die ander 14 vroue se stories te kan verteer. Ek sal nie jok nie, party is swaar op die maag en laat jou sluk na ‘n traan en rondrol in die nag. Niemand laat jou onaangeraak nie. Dis verhale van seer, swaarkry en herstel. By God is absoluut niks onmoontlik nie. Niks is so stukkend dat Hy dit nie kan nuutmaak nie.

As jy die boek wil lees vir sensasie gaan jy teleurgesteld wees, want dis nie die storie wat in die media was nie. Dis die binnekamer en hart van elke vrou wat self deur die tragedie of verskrikking gegaan het. Vir my is dit ‘n bewys dat God by ons is selfs in ons donkerste uur en in die fynste besonderhede betrokke is. Dis die lang pad van genesing waarin Hy spesialiseer. En die dag as jy jou krisis in die oë moet staar sal jy na hierdie 15 hoofstukke kan teruggryp vir hoop. Vir iemand wat in ‘n gelukkige huis grootgeword het, gesond is en gesinne het wat floreer, bring hierdie boek die boodskap dat alles net genade is en in ‘n oogwink kan verander.

Dankie aan almal wat die pad saam met die boekmaak proses geloop het. Baie dankie aan elke vrou wat dapper was en dankie Anika dat jy getrou gebly het aan Sy opdrag. Die boek is iets pragtigs om vir ons nageslag te bewaar en ‘n sendingreis na horisonne wat ons nooit sal kan bepaal nie. Ek betree graag die avontuur saam met hierdie ongelooflike vroue!

Die boek is by myself beskikbaar of kan direk by Anika Marais bestel word. Op 9 Februarie 2020 is daar ‘n boekbekendstelling by Skuilkrans NG Gemeente deur die Leef Weer Trauma Sentrum deur Prof Piet Meiring en Willem Boshoff.  

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to ‘n Boek vol hoop

  1. ellaukblog says:

    Dankie AnnabelleKinders koop vir my vir kersfees. Kuier lekker by jou sus. EllaSent from my Huawei phone

  2. Toortsie says:

    Ek wil hê asb. Ek inboks jou.

  3. Pingback: Bloggers maak my opgewonde – toortsie.com

  4. Positief says:

    Ek stel ook belang in ‘n boek, kan jy my asb kontak agoosen@sepcem.co.za

  5. Gerba de Klerk says:

    Baie dankie, Annabelle, met jou positiewe gesindheid en tower met woorde kan ek dink dat jy n reuse aandeel het in hierdie wonderlike boek Baie geluk aan almal wat n aandeel het x

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s