Kolwyntjies, koorfeeste en ander seëninge

“Do you do it for regular?” vra die Afrikaanse dame in Baker’s Bin toe sy sien ek koop cupcake cups op grootmaat.

“Yes, I have Laerskool kids…. Antwoord ek in ewe twyfelagtige Brits. Sien, ons Pretorianers se Engels is soos daai grappie – its like airtime and sometimes it just runs out! En tuis na 78 kolwyntjies vir die kerk se ATKV Applous mark, besef ek, ek verdien nogal die titel – “regular baker”, maar dis omdat tannie Rita se resep een van daardie flatervrye staatmakers is wat altyd komplimente uitlok en koekies laat vlieg van koektafels af.

Ek kry laasweek ‘n WhatsApp van ‘n vriendin uit Duitsland wat sê sy verlang na ons, terwyl sy ‘n baksel van ons gemeente se wenresep kolwyntjies in die oond het vir haar kind se kleuterskool somerfees. Op dieselfde dag plaas ‘n Poolse vriendin in Sydney foto’s van haar seuntjie se verjaarsdag kolwyntjies op Facebook. Vir die Duitse madam word dit omtower in meerminne en doer onder word dit met ‘n malvalekker opge”beam” tot Stormtroepe in Star Wars.

Met ‘n nederige en veelsydige kolwyntjie bewys ons liefde aan ‘n kind, vertroos ons ‘n sportman, samel daarmee geld in vir kinderhuiskinders, kweek bewustheid vir kanker, bou brûe en steek grense oor – letterlik kontinente.

Dis bitter moeilik om met ‘n mond vol sponskoek en vingers vol botterversiering – depressief, veroordelend of grimmig te wees. Vir ‘n salige oomblik is dit net jy en die sagtheid van ‘n smullekker kleintyd se bederf.

So sit ek en my jongste elk met ‘n kolwyntjie in die hand, by die Applous Streeksfees en ek is heeltemal meegevoer deur die mooi koormusiek. Daar is soveel onsekerheid oor ons land, pyn in ons gemeente, woede en frustrasie, slegte diagnoses en vrese wat ons laat rondrol in die nag. Te midde van dit alles voel ek ontsettend hoopvol oor ons jeug, trots op ons skole, verlief op my land en sy musiekskatte en bitterlik bly vir die voorreg om daar te kan wees saam met my kind. In daardie oomblik weet ek “all is well, with my soul.”

‘n Vrede wat alle verstand te bowe gaan en ‘n geluk wat selfs in swaarkry gevind kan word. Geseënd-wees, verduidelik Jaco Strydom, het meer te doen met wat in en deur jou gebeur as om en met jou. Gesondheid en voorspoed is dus nie tekens van ‘n geseënde lewe nie. Dis eers as jy jou gebrokenheid in Sy diens kan stel, dat jy vir ander tot seën kan wees. En dis eers as jy jou eie pyn kan verwerk en jouself vergewe, dat jy kan genees. Richard Rohr het gesê: “If you don’t transform your suffering, you’ll transmit it.”

Ek sê nie kolwyntjies en kore is die resep vir lewensgeluk nie, maar vind die dinge wat jou kinderlik opgewonde maak en jou hart vinniger laat klop en deel dit met ander. Jou waarheid maak ‘n ander vry en jou liefde verander die wêreld.
Ek deel graag tannie Rita Rademeyer se legendariese kolwyntjie resep “for regular joy”.

Kolwyntjies

1. 7 Eetlepels olie
1½ Koppies melk
Kook saam en laat afkoel

2. 5 Eiers
½ Teelepel sout
1½ Koppies suiker
Klits saam vir 10 minute

3. 2 Koppies meel
3 Teelepels bakpoeier

Roer 3 by 2 en dan 1 by 2.
Bak by 180 grade vir ongeveer 10 minute of tot droog
Vries heerlik.
Vir Sjokolade geur: verander 1. as volg – voeg 3 eetlepels kakao by en vervang melk met water.
Ek gooi ook altyd ‘n teelepel vanilla in.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Kolwyntjies, koorfeeste en ander seëninge

  1. Adéla says:

    Baie dankie . Bitter goed hoor. 👏👏👏

    Adéla Engelbrecht Sent from my iPhone

    >

  2. ekmyselff says:

    Hoe lus ek nou n cupcake

  3. Mal oor die meerminne!

  4. Hetta Baard says:

    Jou skryftalent gaan v krag tot krag! Jy beskryf dit so goed,ek proe daai kolwyntjie,en sien d skitterogies van kinders by n kinderpartytjie. Ek voel saam met jou d pyn van d wêreld,hetsy deur gesondheid,verlies of omstandighede…
    En baie dankie vir die kolwyntjieresep! Ek wou dit vra,maar lyk my jy ken nuuskierigheid en “mag ek jou reseppie kry,asb” van die vrouegeslag!
    Dankie dat jy jou belewenis so mooi inkleur met woorde en dit met ons deel. “Doet so voort”!!

  5. ellaukblog says:

    Dankie vir die lekker lees en die resep. Is die resep genoeg vir 78 kolwyntjies? 😉

  6. Gerba de Klerk says:

    Dankie Annabelle, weer heerlik om meegevoer te word deur jou woorde en beelde x

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s