Wanneer Afrika roep moet jy antwoord

En ons het… Die afgelope week was ons op ons eie “African Dream” in Zimbabwe.

Uit die vliegtuig reeds sien jy die rook en as jy van Livingstone af oor Zambië se grensbrug ry hoor jy al hoe dit dreun.  Dit is waar die plek sy plaaslike naam kry: Mosi Oa Tunya – The Smoke Which Thunders.

David Livingstone – ook bekend as Afrika se grootste sendeling, was die Europeër wat (per toeval) op die waterval afgekom het.  Hy was ‘n mediese dokter met groot hart vir Afrika en het op ‘n stadium gesê: “I am prepared to go anywhere, provided it be forward.”  Hy het onder andere baklei vir die afskaffing van slawehandel.  Vir 6 jaar raak hy heeltemal afgesny van die buitewêreld en vir die laaste 4 jaar van sy lewe was hy baie siek.  John Kirk skryf selfs: I can come to no other conclusion than that Dr Livingstone is out of his mind and a most unsafe leader.” Dit is seker hoe passie en toewyding tot jou roeping lyk van buite…

Ek kan my arme Livingstone se frustrasie nie indink toe hy die valle in 1855 gesien het nie.  Geen foto of video kan hoegenaamd reg laat geskied aan die absolute oorweldigende krag en skoonheid van een van die grootste natuurwonders nie, maar minstens kon ons dit probeer afneem en via Whatsapp en Facebook deel met ons geliefdes.  So al wat Livingstone kon doen was om in sy mooiste Brits met woorde te skilder: “No one can imagine the beauty of the view from anything witnessed in England. It had never been seen before by European eyes; but scenes so lovely must have been gazed upon by angels in their flight.”

My kinders het net onderskeidelik “wow” en “wicked” uitgekry…

Ons reeks hoogtepunte begin by die statige ou Victoria Falls Hotel.  Grasieus aan die onderpunt van die krater staan sy daar en met ‘n uitsig wat sedert koloniale dae asems wegslaan.  Op die ou dame van ‘n hotel, se reuse rooi gepoleerde stoep geniet ons ‘n egte “Colonial English High Tea” met ‘n pianis in die deftige sitkamer agter ons en die miswolk van die valle voor ons.

Elke dag begin met ‘n reuse buffet ontbyt by ons Kingdom Hotel, waarna ons nog lank sal terugverlang.  Die eerste oggend spandeer ons 3 ure by die Zimbabwe kant van die valle.  Met ons blou reënpakke trotseer ons die reënwoud en verwonder ons aan die “krag van die wilde rivier” waaroor ons gesing het by die koorspele laasweek.  Ek dink ook aan “soos die waters druis Sy stem” – uit In die Hemel is die Heer.  Langs hierdie massa water met die waterval se mis op jou wange, raak ‘n mens gulsig vir nuwe, groter woorde om uiting te gee aan die grootsheid van die skepping.

Die aand vaar ons salig op die Zambezi op ‘n sonsak-rivier-vaart.  Om ons is toeriste van oraloor.  Die tafel langs ons het Russe, maar ek kan nie uitmaak of dit vir hulle ook romanties en mooi is nie, want alles wat hulle sê klink kortaf en wreed. Vladvladrishmakakak rosmatroshkanjeetnjeet… Ons klink ‘n Zambezi (bier) en geniet die beste deel van die dag in Afrika. Een van daardie oomblikke wat geen geld kan koop nie. Tuis ontdek ons ‘n bobbejaan het ons hotelkamer se skuifdeur oopgebreek en ons koekies en beskuit geplunder. Of dalk het hy gevoel sy nr 1 en nr 2 wat hy daar gelos het is betaling genoeg? Ons gebruik dus die res van die aand om te verhuis na ‘n ander kamer.

Dag twee stap ons oor die grens na Zambië se kant van valle.  Die uitsigte is asemrowend.  Ons waag dit in die misreën oor die diep afgrond op die Knife’s edge bridge en geniet die reënboë, dreunende helikopters vol toeriste en sproei wat jou soos iets uit ‘n aksiefliek tref.  Ons gaan staan ook op die Zambezi oewer aan die bokant van die val, waar die water sekondes later afstort oor die rand.  Vandag het ons 16 km gestap!

Ons laaste aand spandeer ons saam met gaste uit elke vasteland in die Boma.  Op aankoms word elke nasie getransformeer in tradisionele stamdrag en gesigverf. So sal dit lyk as die hele wêreld Afrikane is!  Ons geniet ‘n reuse spitbraai met heerlike swart potjies vol verrassings.  Ons smul veral aan die vlakvarkfilette, krokodilstert en sadza (pap) met die lekkerste souse.  Daarna volg ‘n feestelike ‘jembe drumming session’ en ons eindig almal in ‘n groot sirkel waar ons dans asof ons almal Afrika se ritme in ons hart gevang het.

Hierdie week het ons vriendelikheid en hartlikheid ervaar en gesien hoe brûe gebou kan word tussen mense deur die natuur en deur musiek. Ons het weer besef hoe belangrik reis is en om uit ‘n mens se gemaksone te kom sodat jy die skoonheid in mekaar en daarbuite kan raaksien.  Ons het ook opnuut ons gesin geniet en die samesyn waardeer. Dankie Afrika en dankie aan Hom wat ons oor grense lei.

Nog aanhalings deur Livingstone:

If you have men who will only come if they know there is a good road, I don’t want them. I want men who will come if there is no road at all.

Nothing earthly will make me give up my work in despair.

All that I am I owe to Jesus Christ, revealed to me in His divine Book.

I will place no value on anything I have or may possess except in relation to the kingdom of Christ.

I am a missionary, heart and soul. God had an only Son, and He was a missionary and a physician. I am a poor, poor imitation of Him, or wish to be. In this service I hope to live; in it I wish to die!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Wanneer Afrika roep moet jy antwoord

  1. Elke nou en dan kom ons af op so ‘amazing’ plek wat mens heeltemal klein soos miertjie laat voel. Geniet die reis.

  2. Gerba de Klerk says:

    Annabelle nou soo heerlik saam met julle di pad gestap Sowaar jy kan met woorde toor x

  3. Avis Perks says:

    Love your celebration of the natural beauty of Africa and the warmth of our people, Annabelle. Amid all the negativity that surrounds us, we need to be reminded of how much we have to be grateful for. You have a magical and inspiring way with words!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s