Kind van Afrika

Hierdie blog skryf ek op die vliegtuig Botswana toe – ‘n eerste vir my as blogger. Ons gaan dieper in Afrika in vir vakansie. Baie gepas ook, want die dreuning van jembas is nog my hele kop vol en my lyf wil nog wieg saam met die 1000 stemme wat gisteraand saamgesing het in die Sun Arena van Pretoria. Ek en my oudste seun het saam opgetree by Tshwane se Mayoral Legacy Concert as deel van die Wêreld koorspele. Hierdie was die droom van Bessie Keun, Rieke van Aswegen en Piet Meiring en die volgende mense het kore gebring:

Riekie, Elana Neethling, Zoliswa Zikelele, Attie Rossouw, Stephan Gericke, Charles Mugerwa, Renette Bouwer. Die Ionian strings strykorkes v Soweto olv Linga Mngona en die SAP blaasorkes het begelei.

Kore:  laerskole: Anton van Wouw, Constantiapark, Loreto Queenswood, Pta Oos en Kondelani

Hoërskole: Noordheuwel, Overkruin, Hendrik Verwoerd, Pta Girls High, Volwasse: Singfinix, La Voix de Anges vd middestad, Phagameng, Mamelodii en Skuilkrans gemeentes.

Ons sing “gee my die gloed van die Afrika son, gee my die rooi van die aalwyn se blom” uit Ode aan my land. En ek kry die land weer van voor af lief met alles in my. Ons sing die volkslied patrioties en Plea for Africa met trane, want vir die eerste keer in my lewe voel ek waarlik soos een van Afrika se dogters wat oorverdowend saam met my stad en kontinent se pragtige stemme kan sing. Saam met die hoendervleis kry ek hoop vir hierdie land en sy ongelooflike mense. Hier is soveel potensiaal, talent, passie, humor en ubuntu.

Niemand kan weggaan sonder die besef hoe uniek Suid Afrika is nie en hoe kosbaar die gawe van goeie leierskap en musiek is nie. Ons is ‘n nasie van sang en ritme en omgee en saam kan ons ‘n mooi toekoms bou. “Hier wil ek leer, wil ek liefhê, dans en sing.” My kinders grootmaak en ‘n bydra lewer. Afrika bied iets vir elkeen en vra iets van elkeen.

My volgende blog gebeur “by the hills and waters” van die Victoria valle. … hou die spasie dop….

Plea for Africa

Give a thought to Africa

‘Neath the burning sun

There at hosts of weary hearts

Waiting to be won

Many lives have passed away

And in many homes

There are voices crying out

To the living God

Tell the love of Jesus

By the hills and waters

God bless Africa

And her sons and daughters

Breathe a prayer for Africa

God the father’s love

Can reach down and bless all hearts

From his heav’n above

Oh the lips when moved by Grace

They so sweetly sing

Pray for peace in Africa

To the loving God

Tell the love of Jesus

By the hills and waters

God bless Africa

And her sons and daughters

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s