Eistedfodd stres

Ek bekyk die almanak in ongeloof en kan skaars glo dat alles op die één dag moet gebeur!

Die 24ste is die dag waarop die woonstel se betonblad bo-op die motorhuise gegooi word, manlief Kaap toe vlieg, ons oudste sy eerste rugby ligawedstryd speel en ons jongste in sy eerste kunstefees optree.

Dis veral laasgenoemde wat my in koue sweet laat uitslaan.  Met min slaap van ‘n omgekrapte maag woel ek heeldag om my eie werk betyds klaar te kry, daarna aandete, hond, visse, die kinders se padkos en klere – alles en almal  is georganiseerd om oral op die regte tye hulle ding te doen.

Gewapen met my GPS durf ons die hoofweg in spitsverkeer aan na ‘n vreemde kerk, maar ek en die Engelse tannie verstaan mekaar deeglik mis en ek land amper op die lughawe voor manlief!  En laatkom is juis een van my grootste nagmerries! Met ‘n meer as 10 Km draai, kry ons ons sitplekke net betyds met hande wat bewe en ‘n hart wat wild klop.

My baba het die oulikste graad 1 gediggie gedoen, wat ek toevallig op Jaco Jacobs se Facebookblad gesien het.  Die titel: Eisteddfod stres, is presies waarin ons nou gedompel is en die slotreël laat skater die gehoor.  Ek was baie uitgesproke dat ek nooit my kinders sal aanry na kunswedstryde en onnodige druk en vol programme sal  veroorsaak nie, maar ek het nooit voorsiening gemaak daarvoor dat dit dalk hulle natuurlike talent en vreugde is nie.  Ek het ook verwag die kinders sal gespanne wees, maar dis eintlik die arme ma’s wat sit en bewe soos ‘n riet!  Al waaroor my baba gestres was, is dat ons sal laat wees en hy sy kans om op te tree sal mis!

Mamma, ek het nooit genoeg dankie gesê vir die kere wat jy en pa op ver plekke soos Graafwater of Somerset-wes moes regstaan en gaan naels kou vir redenaars of danseksamens nie.  Vir 7 pynvolle klavier eksamens, baie netbalwedstryde en konserte het julle net bemoedig en aangespoor sonder om ooit te kla oor julle eie ongerief.

Wie het ooit gesê dis maklik om ‘n ma te wees? Ek voel trots op Kate Middleton wat soos ‘n oer-godin daar op haar hakke poseer met haar pasgebore prinsie en ‘n glimlag wat nog vir dekades die normtoets sal wees vir alle swanger vroue.  Deur vloede, kernoorloë, pyn, huis verbouings, droogte, siekte en smart beur ons moeders dapper vorentoe – nie omdat ons so sterk of oulik is nie, maar omdat ons liefhet en geen ander keuse het nie.

Ek sluit ‘n video in van die gediggie – ek weet dit lyk na spog, maar hy is so oulik!

Eistedfodd stres video

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Eistedfodd stres

  1. Adéla says:

    Cool blog hoor !!!!

    Adéla Engelbrecht Sent from my iPhone 5s

    >

  2. dromer777 says:

    A dis so oulik jy mag maar trots wees!

  3. ellaukblog says:

    Oulik!Ek het Dinsdag n knievervanging gehad en kerm nog, al is dit darem al effens beter. Sent from my Huawei Mobile

  4. catjuggles says:

    Ag oulkiste! Hy is dierbaar. Ja nee – as showbiz in die bloed is op die een of ander manie is dit ma wat stres en nie die kind nie. Die massa danskonserte, kompetisies, drama eistedfodds en nou ook koorkompetisies sien ek dit met die oudste

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s