Week 4 van die bouery

“Ek wag vir ‘n blog oor die ontberings van bou”, laat weet my sus uit Tasmaniё .

Ek besluit eers dis darem te ‘n stowwerige onderwerp waaroor niemand sal wil lees nie.  Meeste mense is goed bekend met die trauma en verlies gekoppel aan aanbouings.  Trauma oor al die geraas, stof en ontwrigting en ernstige verlies aan lewenskwaliteit, gemoedsrus, privaatheid, geld, sekuriteit,  pakplek en leefruimte.

En dan wil ‘n mens ook nie ‘n hele blog toewy aan ‘n treurmare oor iets wat vir die meeste mense  ‘n weelderige oorbodigheid is nie.  Ons kry ‘n ekstra motorhuis en woonstel vir wanneer oupas en oumas kom kuier en moontlik/hopelik  kan die seuns daar bly as hul klaarmaak met skool. Daar is ook vooruitsigte vir ‘n nuwe sonkamer in die tuin so dit sal wees soos om met ‘n witbrood onder die arm te loop en kerm.

Maar hier sit ek ‘n maand diep in die projek en voel so ‘n bietjie soos ‘n swanger vrou.  Vreeslik ongemaklik met geen kans op vorentoe of agtertoe gaan nie.  Daar is g’n ander manier as om deur hierdie drukgang te beur nie (selfs al sit manlief in die Kaap). Bedags kruip ek in my kamer weg terwyl die hele werf vibreer van die konstante gekap, boor en vrolike maar luide stemme van bouers met geen respek vir blomme en struike nie.

Ek kan al ruik wanneer daar ge”grind” word en alle uitgange en vensters bly dig verseël – waar moontlik sommer met “duct tape”!  Ek skrik nie eens meer as die krag uitskop of dit voel of die aarde skud soos mure gesloop en fondasies gesink word nie.  Ek dink mense wat dag in en dag uit met ‘n “jackhammer” werk lei aan akute sintuiglike skade.

Hierdie week verloor ek my motorhuis en deurgang na die huis.  Die hele erf staan vol bourommel en bou voorrade.  Niemand kan naby ons parkeer nie. Die foto hierbo versinnebeeld vir my die eerste fase van vooruitgang nl. afbreek, verlies en wanorde.

Ek dink dis ook waar van persoonlike groei – die huis moet eers afgebreek word.  Soms is dit siekte of ‘n lewenskrisis wat jou dak afruk en fondasie oopboor, maar uit die stof en chaos kan iets beter dan verrys wat al die swaarkry vergete laat.  Ek is nog nie gereed om vir die bouers ‘n koek te bak of te juig oor ons nuwe roetines en tydelike aanpassings nie, maar ek weet ek behoort dankbaar te wees vir die voorreg en opwinding van vooruitgang saam met ‘n gesonde, energieke  familie. Dit is immers ‘n groot stuk genade.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s