Blou Vlinders

Ek het laasweek die voorreg gehad om op die heilige grond te  staan van ‘n groep ouers wat elkeen ‘n kind aan die dood afgestaan het.

Dit was tydens die afskop van ons gemeente  se nuwe ondersteuningsgroep. Daardie baie unieke diep verlies waarin tydverloop irrelevant is.

Ek kies vooraf ‘n kenteken vir die groep en die heel tyd kom blou skoenlappertjies na vore.  Ek gaan soek toe na die betekenis daarvan en kom af op heelwat inligting uit verskillende tradisies. Skoenlappers en spesifiek bloues, het ‘n baie diep mistieke en spirituele betekenis.  Dit is ‘n simbool vir lewe en veral van ‘n persoon se essensie of sy sy siel (verlede, hede of toekoms).  Die Christelike geloof koppel dit aan die opstanding  en wedergeboorte (metamorfose van ‘n wurm na ‘n papie) en dan die vrolikheid en dans van nuwe lewe in ‘n nuwe seisoen.  Daarom word Jesus in baie Christelike kuns uitgebeeld waar Hy ‘n skoenlapper vashou.

Die skoenlapper word in baie kulture verbind met skoonheid, vreugde, uithouvermoë, hoop en verandering.  Daar word ook geglo ‘n blou vlinder is ‘n wensgewer.  Die blou kleur word geassosieer met hartseer en pyn, maar het ook ‘n kalmerende uitwerking.

Skoenlappers word beskryf as die simbool vir aanvaarding, eer en energie.  Hulle verteenwoordig tyd, verandering en ‘n doel.  Wat ‘n ongelooflike mooi tasbare simboliek vir mense wie reeds ‘n stuk van hulleself aan die mistieke ander kant moes afstaan.

Ek toets toe die idee deur vir elkeen te vra om eers hul eie gedagtes oor die prentjie deel en so het elkeen reeds  ‘n baie persoonlike stuk belofte en troos daarin.  Simboliek en rituele is ongelooflik belangrik in die rouproses en die Here ken ons elkeen so goed dat hy presies weet wat om te gee wanneer ons dit die nodigste het.

Hoe ongelooflik kosbaar om ‘n stukkie van God en van die hemel te kan beleef deur ‘n eenvoudige prentjie en kosbare stukkies menswees wat elkeen van hulself gedeel het.  Baie trane en baie lag, maar grootliks hoopvol.  Mense wat vir mekaar sê:  “ons is hier vir jou, jy hoef nie alleen hierdeur te gaan nie.”

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Blou Vlinders

  1. ellaukblog says:

    Dankie Annabelle

    Lekker jou blog te lees. Hier word n pers vlinder geplak op die incubator van ‘n baba wat as een van ‘n meerling oorleef het.

    Groete van huis tot huis.

    E

  2. Marena says:

    Die een beker wat elke ouer bid by hom/haar verby sal gaan… ‘n Bitter baie sinvolle groep vir gelowiges.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s