Die Getuienis van Hannelie Groenewald

Ons gesin het die voorreg gehad om na Hannelie Groenewald te gaan luister.  Sy is ‘n mediese dokter, sendeling en skrywer van die boek, Terreur in Kaboel.

Eintlik was dit my 10-jarige wat daarop aangedring het, want hy wou self hoor hoe op aarde dit moontlik is om die mense te vergewe wat jou hele gesin uitgewis, en jou huis afgebrand het.

Soos wat dit met sendingverhale gaan, was daar onbeskryflike ontberings en opofferings.  Sy vertel dit saaklik, sonder omhaal en wys enkele fotos, maar ons gril tot in ons diepste wese.  Dis waarlik net iemand wat deur die Here self geroep en toegerus is, wat sal gaan waar hulle gesin gegaan het.  Die smet, armoede en vernedering van Afghaanse vroue, tussen wie sy vir 12 jaar ‘n tuiste moes skep vir haar gesin, slaan jou asem weg.  Selfs nog voor sy by die deel van haar getuienis kom waar hulle huis aangeval is, is ek ongemaklik oor die mate van gerief, materialisme en vryheid wat ons hier vir ons as ‘n reg toeëien.  Haar getuienis handel in die eerste plek oor die persoonlike opoffering en koste vir Sy koninkryk.  Hoeveel gee jy om vir die verlore siele van ander?

Sy glo – soos ek, dat ‘n mens  – of nou net uit ‘n lewenskrisis kom, of in die middel van een is, of besig is om voorberei te word vir wat oppad is.  Dit klink na ‘n baie halwe glas om uit te leef, maar die realiteit is dat die lewe nie maklik is nie.  Sy eggo ook my ervaring – dat Goddelike liefde, sorg, skoonheid en vreugde altyd rondom ons is – en meer intens te bespeur is in beproewing. En daarin lê ons getuienis en hoop vir die wêreld. Ek is opnuut oortuig van ons opdrag as getuies, want dis dikwels mense se enigste refleksie van God in hulle lewens.

Ek weet nie hoeveel emosie die menslike hart kan hou nie – ek glo sommige meer as ander.  Dis hoekom mense soos die liefdevolle Hannelie se sagte stem ver en wyd gehoor word en baie mense se lewens aangeraak word.  Ek glo ook saam met haar dat die lewens van haar man en kinders se oes eendag duisendvoudig sal terugkeer, want sy is gehoorsaam en hou vas aan God se beloftes.  As jy kan, lees die boek, of gaan luister na haar en weet: jy het ‘n diep wêreld binne-in jou met die krag om voor te gaan en die vermoë om ander te seën.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Die Getuienis van Hannelie Groenewald

  1. dromer777 says:

    Gaan dadelik die boek koop.
    Dankie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s