‘n Adelike Oggend

Dis ons laaste dag in Londen en ons het alles afgetik op ons lysie. Daar was selfs ‘n paar ekstra poedings wat ons leer ken het – en niks van dit was nagereg nie!

Yorkshire poeding is toe nie ons malva poeding se engelse boetie nie, maar ‘n heerlike deegbakkie vir jou Sondag lamsboud se vleissous. Die ander poeding was op my ontbyt spyskaart.  Ierse “Black Pudding” is gebraaide bloedworsskywe, en as jy jou oё kan toeknyp en oor die pikswart delikatesse se bestanddele kan kom, smaak dit nogal heel geurig.  Ek was egter nie só honger nie en het net genoeg geproe om te kan sê ek hét!

Die laaste dag was die absolute kersie op die koek.  Ons het Windsor Kasteel van hoek tot kant deurgeloop.  Wel die dele waar die publiek mag kom.  Die res is waar Koningin Elisabeth nou byna permanent woon.  Sedert die 11 de eeu toring hierdie kasteel bo die pragtige middeleeuse dorpie.

Ons verkyk ons aan die staatskamers wat vir koninklike bankette en staatsbesoeke  gedrapeer is in die duurste goud, houtsneewerk en kuns.  Die swaarste brokaat, geborduurde linne en handgemaakte kant teenoor die swaar gegote yster, en sale vol intimiderende ammunisie en wapens.  Ons sink weg in die reuse matte en  eeue se geskiedenis en vakmanskap, rykdom, intriges, oorloë, eksentrieke monarge en internasionale feesgeleenthede.

Dis uit die staanspoor duidelik dat die Monargie amper nie weet wat om met al hulle plaaslike en internasionale geskenke te maak nie.  Ek wonder of koningin Mary ooit met die land se top argitekte en kunstenaars se pophuis kon speel.  Drie verdiepings vol miniatuur meubels en toestelle wat regtig werk en lewensgetroue replikas van alles in en om die kasteel. Ek verkyk my aan die detail en toewyding.

Na al die prag en praal raak ons rustig in die massiewe St. George katedraal en geniet ‘n laaste ‘creamtea’ (botter broodjies met dik, taai‘clotted cream’) by ‘n klein winkeltjie Lillibet’s (die koningin se troetelnaam)  met ‘n uitsig op die kasteel.  Nader aan ‘teawiththequeen’ sal ons nie kom nie.

Ons sluit ons besoek af met ‘n wandeling in die legendariese “long walk” vanaf die kasteelhekke.  Hierdie 4.26Km koetspaadjie  uit die 16 de eeu is omhein aan weerskante met ‘n lieflike  grasperk en ‘n dubbel laning van1652 Elm bome waarvan meeste vervang is met “chestnuttrees”. Majestueuse indrukke en soete herinneringe!  Maar nou is dit tyd om na ons eie koninkrykie terug te vlieg waar ons prinse vir ons wag!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to ‘n Adelike Oggend

  1. Toortsie says:

    So mooi geskryf! 😁

  2. Ella Susanna Bisschoff says:

    Dankie Annabelle, lekker om met jou o(g)e en woorde rondom my te kyk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s