My onmajestieuse val

image1Na ‘n baie geslaagde eerste dag op die “tube”, besluit ek om ons spore van 15 jaar gelede te gaan naloop en weer te loer of Big Ben, Tower Bridge, Trafalgar Square en Buckinhampaleis nog regop is.  Met my SatNav en moltreinkaart glip ek foutloos van stasie tot stasie  en staan uiteindelik tussen honderde toeriste voor die koninklike hekke.  Ek voel nogal trots op myself en my nuutgevonde onafhanklikheid –‘citizen of the world’.  Ek word egter lelik afgebring aarde toe (letterlik), toe ek in ‘n oomblik van vervoering ‘n randsteentjie mistrap en baie onelegant met die koningin se sypaadjie kennis maak.

Dis só nie hoe ek die waardige monarg wou begroet nie!  Besorgde toeriste is dadelik by om my van die teer af te skraap, maar my ego, waardigheid, bebloede knie en verstuite enkel laat my nie toe om subtiel op te wip nie.  ”Nee, ek dink ek wil eers nog ‘n rukkie hier sit”, sê ek dapper terwyl ek die trane vasbyt.

Ek drink sommer byvoorbaat anti-inflammasie pille en hink dapper verder. Ek is nie van plan om my kosbare tyd in die groot stad af te staan aan hierdie onnadenkende oomblik nie.  Eers later, in die glorieryke badkamers van Harrods, verpleeg ek my wonde en neem my voor om minder voortvarend te wees.

Harrods is weereens ‘n fantasie.  Maar hierdie keer het ek tyd en die vryheid om al die vloere een vir een deur te loop en aan alles te ruik, proe, pas en afneem.  Die sonbrille en hoede kos meer as ons huis en die nuutste winterpelse kan ‘n hele kontinent se hongersnood uitwis.  Ek dink daar is meer kandelare as mense in Harrods en ek voel eintlik verbaas dat hulle gewone mense van die straat af toelaat om sonder toegangsgeld of kredietkeuring daar rond te loop tussen handelsware wat duidelik net vir biljoenêr Sheiks, Grawe, Tsaars en edel Prinsesse uitgestal word.  Ek probeer soos “Pretty Women” inpas en laat hul gedweё toe om parfuum te spuit en sjokolade te beproef – so asof ek nie voor my siel weet dit sal lekker, maar onbekostigbaar wees nie! Die kersfees uitstallings, aandrokke van bekende handelsname, speelgoed en deli’s is onbeskryflik, maar die mooiste is die parfuumboetiek op die heel boonste vloer.

Aan die onderpunt van die Egiptiese roltrap loop ek my vas in ‘n gedenkbeeld van Diana en Dodi, en ek besef opnuut hoe weelde en glans nie ‘n waarborg is vir vrede en geluk nie.  Die aand sing die straatkinders op die West End verhoog “We’re in the money” na hulle ‘n paar pennies op straat opgetel het.  Die Weskus vertaling sou seker wees “hulle het met hulle gat in die botter geval.”  Wel ek het vandag hard geval, reg voor Buckinghampaleis, maar ek voel steeds soos die gelukkigste en geliefste mens, hier waar ek langs my beste vriend sit en dat ons die moeder van alle Broadway Musicals saam kan geniet!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

3 Responses to My onmajestieuse val

  1. ellaukblog says:

    Dankie vir die lekkerlees en die’ siestog; maar dis snaaks ‘ beskrywing van jou buiging voor our gracious queen.Sent from my Huawei Mobile

  2. Toortsie says:

    Die koningin kón jou maar ingenooi het!

  3. dromer777 says:

    Ag shame. Hou net aan skryf al is jy eina😀

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s