Markdag in London

Markdag-in-LondenOm alleen rond te loop deur die strate van Londen het vir my tegelyk eensaam en idillies geklink.

Soos die liedjie:

So how can you tell me you’re lonely,
And say for you that the sun don’t shine,
Well let me take you by the hand,
And lead you through the streets of London,
I’ll show you something to make you change your mind.

Sien, iets wat nog nie almal van my weet nie, is dat ek temaliedjies het vir min of meer alles in my lewe.  Miskien is dit omdat ek dink ek lewe in ‘n musieblyspel, of omdat ek regtig glo die lewe is ‘n lied.  Ek het nog nooit sonder ‘n maat moltrein gery nie en ek en kaarte is nie maats nie, maar Ella het sommer al die eerste naweek vir my ‘n roete uitgewerk wat ek moes volg.  Ek het dus vroegdag ‘n selfie gestuur sodat my familie in SA my aan Scotland Yard kan beskryf, sou die ergste gebeur.  Gewapen met my SatNav op my foon, vat ek die “tube” tot by Camden Mark terwyl ek by myself neurie:  “have you seen the old man In the closed down market…”

Camden is ‘n totale aanslag op die sinne.  Dit klink na die een cliché op die ander, maar dis ‘n wêreld in een.  Hierdie ou perdehospitaal is eksoties soos die Grand Bazaar in Turkye, raserig soos ‘n Souk in Tunisiё, verleidelik en vreemd soos net Londen kan bied.  Hier is Russiese matroskapoppies ewe tuis langs Chinese lampe, gotiese Dracula mantels en Marokkaanse kussings.

Daar is klerewinkels met enige iets van kostuums uit Burlesque, Great Gatsby, Steam Punk, Doc Martins en 50’s uitskop minis.  Kleure en beloftes. Jy glip heen en weer tussen dekades se modes en voel asof dit moontlik is om enige soort vrou te kan wees! Dit herinner so bietjie aan die woorde van die fenominale West End produksie wat ons gaan kyk het se temalied:

Little nifties from the fifties
Innocent, sweet
Sexy ladies from the eighties
Who are indiscreet

Side by side, they’re glorified
Where the underworld
Can meet the elite
On Forty-Second Street.

Daar is rare en antieke ware, mooigoed, toorgoed en goedkoop genoeg dat jy ‘n hele dag daar kan verdwaal.  En dan praat ek nie eens van die kos uit elke uithoek van die aarde nie!

Iewers deur die oggend gaan sit ek by ‘n tafeltjie en drink die atmosfeer en sjokolade uit my vars churros se koppie.  Ek geniet Patsy Cline en herken Desmond & Molly Jones ‘in the marketplace’ toe Obladi uit my kinderjare oor die luidsprekers speel.  Salig om net in die oomblik te wees.

Later die middag gaan wys ek my man en sy kollega ook waar ek was en ons kies moeilik tussen al die straatkosstalletjies: Franse crepes, Cod en tjips, Thai, Libanees, Duits, Meksikaans, Spaans en nog baie meer.  Ons meng ‘n paar geure en teksture vir aandete en sluit ons dag af in die naaste pub met ‘n bier wat baie lekkerder smaak as wat bier nog ooit tuis was.  Môre ry ek sommer nog verder en verken soveel van Londen as moontlik!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Markdag in London

  1. Pingback: Wat ‘n dag! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  2. Of jy kan in die middel van ‘n massa koor in die Capital (nee nie London) stilstaan. Geniet dit!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s