Pienk Dapperheid

IMG_4674Wat gebeur wanneer ‘n handjievol vriendinne hulle eiewaarde besef en hul eie gemaksones verruil vir ‘n groot avontuur?

So deur my wonderlike mal jaar van “DancingwiththeSurviviors” en getuienis by Cathleen Prinsloo se damestee en Capital Singers in die Staatsteater, smee ek bande met wonderlike vroue wat elkeen vanuit hulle broosheid ‘n verskil maak in hulle omgewing.  Dit raak net logies dat al die pragtige vroue bymekaar moet uitkom vir iets groots hier aan die einde van borskankermaand.  Gelukkig het ek die tipe vriendinne vir wie jy kan sê: ek het ‘n lawwe  idee, en hulle reageer met “waar, hoe laat en wat bring ek saam?” En Saterdag  21 Oktober daag 184 vroue op vir sekerlik een van die onvergeetlikste oggendtees ooit.

Ons seremoniemeester, Dr. Celia Booyse nooi ons om die proppe te laat skiet en die allerfynste eetserviese en erfgoed word vol van die keurigste lekkernye gepak.

Reg aan die begin verras huidige MKR SA deelnemer, Jamandi Bekker, ons met ‘n boodskap van die oorlede inspirasievrou, Jana Du Plessis.  “Aardetyd is Genadetyd”staan daar op elkeen se sleutelhouer en kaartjies wat ons weer mag uitdeel.  Daar is ‘n dik knop in ons kele, want meeste van ons daar het ‘n ma, suster of vriendin wat die geveg teen kanker stry of gestry het.

Eerste aan die woord is Cathleen, ons Mev. SA Top 25 finalis, om te vertel van haar reis.  Ons verwag skoonheidsgeheime, of selfs agter-die-skerms-kykies, maar sy vang ons almal onkant met ‘n kragtige getuienis van hoop waarmee sy elke vrou opstel om haar identiteit in Christus vol te staan en haar potensiaal te ontgin.  Cathleen vertel hoe sy as Tuks Joolkoningin geweldadig verkrag is, maar uit die as van haar lewe kon opstaan en hoe die Here meer as 20 jaar gelede iets in haar begin het wat nou gereed is om tot wasdom te kom.

Marena Lotriet, begelei deur Bessie Keun (ATKV Applous organiseerder) en Anna-Maria op fluit, sorg vir ‘n magiese musiekmoment, en volgende  was daar ‘n kanker vroue-praatjie deur Cathleen se ewe mooi ginekoloog suster, Dr. Sandy Koen.  Sy laat ons opnuut besef hoe oplettend ons op ons eie gesondheid moet wees.  Daarna skud die bollas los tydens Fred Astaire se sensasionele Latynse Cha-cha, Rumba en SouthEasternSwing. Nicoline Pienaar is ‘n 6-maal SA kampioen en sy en haar dansmaat, JP Cassel dans ons verhoog aan die brand.

Laastens vertoon ons huiswerkers van die naaldwerkklas hulle jaar se handwerkprojekte in ‘n modevertoning.  Die ou dames gee huiwerig en krom hul eerste treё, maar onder luide applous ontdooi hulle en gooi hul flikkers en wys ons met trots hulle uitrustings.  Ons besef iets van die menswaardigheid wat gepaardgaan met die bemagtiging en opheffing van vroue.

Na heerlike pryse van ons gulhartige borge en donateurs, bedank ek almal en gee aan die sprekers ‘n bos van die “reik na herstel” roos wat hierdie week in oorvloed blom in my tuin.  Hierdie roosboom is aan my geskenk deur my borskankerondersteuningsgroep verteenwoordiger Avis Perks, gedurende my chemo.  Vandag kan ek met trots die organisasie Reik na Herstel bedank en hierdeur eer. ‘n Persoonlike simbool van genade.

Verder kuier hartsvriendinne saam om die mooiste, vroulikste tafels, antieke teekoppies en deel ‘n oomblik van vrede, liefde en die intense dankbaarheid vir alles wat mooi is, en vier die kosbaarheid van die lewe en die wonder van vrouwees.  Ons gaan daarvandaan weg as nuwe vroue met ‘n vaste voorneme om God toe te laat om ons te gebruik soos Hy goeddink, want ons weet: Hy gee krag en dapperheid. Vir Fotos kliek hier

Hierdie oggendtee was ten bate van Skuilkrans NG Gemeente, CANSA en Hospice.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Pienk Dapperheid

  1. dromer777 says:

    Dapper mense. Baie liefde

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s