Reisagent op my foon

21761808_10211815063026836_5982708030508083083_nEk het al op baie maniere gereis. In ‘n skaaptrop per bus soos ‘n warrelwind deur 8 lande in 10 dae, self my tas gesleep vir kilometers oor Praag se antieke keisteenstraatjies, nes geskrop in die kajuit van ons passasierskip op die Mediterreense see, Islandhopping met soms twyfelagtige bootjies gedoen in Griekeland, in obskure hotelle geslaap in Hongarye. Saam met die “locals” publieke vervoer aangedurf in Kroasië en Turkye, eie wiele gehuur, moltrrein, trem en selfs motorfiets gewaag. Ek was nog op ‘n skrale 4 kontinente, maar ek vermoed dit het nou veel makliker geraak en ek hoop om nog baie dele van die wêreld te beleef.

Deesdae is dit so gerieflik en goedkoop om jou reis te bestuur van jou foon af. Op ons afgelope Engeland toer ontdek ons vir die eerste keer die wonder van reis toeps. Met jou Uber bestuurder gesels jy oor die land se ekonomie en die sin van die lewe terwyl jou liewe familie en vriende nie op ongure tye vir jou op die lughawe hoef te wag nie. In jou Air bnb gasheer se kombuis leer jy iets oor die geskiedenis en lewensuitkyk van die Engelse platteland. Met jou GPS – wat hier ‘n SATNAV genoem word – hoef geen huwelik skade te lei op die “roadtrip” nie. Baie minder wag op stasies, karakterlose korporatiewe hotelkamers, opgefrommelde padkaarte en spanning oor beskikbaarheid van slaapplek nie.

Ons toer het begin en afgesluit met baie vriendelike, intelligente entrepreneurs wat ons heen en weer van die lughawe af karwei het. Ons was so trots dat dit die gesig van ons land is, wat buitelanders dikwels eerste sien.

So besluit ons laatmiddag in Bath om eerder buite die gewoel van die stad te slaap. In McDonalds (vir die gratis wifi) kies ons ‘n Air bnb gastehuis nommerpas volgens ons behoeftes. Met hierdie toep kan jy presies sien wat om te verwag en jy as gas en gasheer bou ‘n reputasie op wat mense kan lees. Te danke aan ons Afrikaanse tannie op ons SATNAV weet ons presies hoe laat ons gaan aankom en vind ons maklik ons weg in die donker op ‘n ou Romeinse eenspoorpaadjies wat heeltemal toegegroei kronkel deur die tjoklitboks plaasgemeenskap. Ons sandsteen grasdakhuisie se afwerkings is modern, stylvol en die linne snoesig en romanties. Ons kamer en badkamer bo, se vloer is so krom en skeef dat jy met moeite regop loop en die mistige uitsig oor die plaas met dagbreek was onvergeetlik. Ontbyt is so outentiek Engels as kan kom en die stories te heerlik terwyl ons gasheer self ons kos maak en bedien terwyl ons uitkyk op die regte ou Engelse roostuin. Ons sal ons nag in ‘n 15de eeuse plaashuisie in die Cotswold nooit ooit vergeet nie.

Hierdie netwerk van motorbestuurders en gastehuis eienaars is een van die gerieflikste dinge ooit. Die vreugde en voorreg van reis het nou net nog lekkerder en groter geword! *Ek is nie vir bemarking betaal nie!*

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

2 Responses to Reisagent op my foon

  1. Gerba deKlerk says:

    Jy maak ons alweer super jaloers x

  2. dromer777 says:

    Klink heeeeeeeerlik

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s