In die Loveseat op die Cam rivier

CambridgeVoor ons vertrek uit SA stel ons gasvrou Punting in Cambridge voor, maar ek het geen idee wat dit is nie en moes gaan lees dis ‘n platboomboot met ‘n vierkantige boeg, wat met ‘n paal weggestoot word. Dis een van die moetdoen dinge in Cambridge sedert die 1860’s.

Met ons aankoms in die mooie Universiteitsdorp drup die wolkies bietjie en ons verseker ons gasheer dat ons glad nie nou hoef te gaan roei nie. Ons tyd is so beperk en ‘n 45 minute riviervaart lyk oordadig. Hulle vat egter geen verskonings nie en laai ons terstond in ‘n punt gedryf deur ‘n man met ‘n pragtige Britse aksent (soos almal hier!). Hy ken boonop Suid-Afrika na hy vir ‘n ruk in Malmesbury gewerk het.

Ons word toegerus met komberse en sambrele, maar sit knus en droog heel agter soos verliefdes saam met toeriste uit elke kontinent. Ons besef dadelik ons het onwetend in ‘n belewenis geklim wat ons vir die res van ons lewens sal bybly. Ons puntsman vermaak ons met die universiteit se indrukwekkende geskiedenis wat reeds oor 8 eeue strek. Hy wys vir ons die gebou waar Stephen Hawking aan sy Doktoraat gewerk het. Hy vertel ons van bekende Cambridge alumni, onder meer politici, adelikes, wetenskaplikes en skrywers soos AA Milne – die skepper van Winnie the Pooh. Groot name soos Darwin, Prince Charles, Emma Thompson, Newton en Byron.

Ons vergaap ons aan die kenmerkende Virginia Creeper wat vlamrooi in sy herfs glorie teen die ou geboue opkruip. Die bekendste landmerk, die King’s College Chapel, slaan ons asem weg. Ons vaar verby ‘n trougeselskap onder die treurwilgers op die sprokiesmooi groen walle en drink elke oomblik in onder elke mooi bruggie waarvan die Brug van Sugge sekerlik die mooiste is. Ons hoor van geheime organisasies, sien die biblioteek by Trinity College en leer oor die ryk geskiedenis en tradisies van hierdie tweede beste universiteit in die wêreld (weer in September aaangewys).

Terug op land word ons na die oudste en bekendste Eagle Pub geneem. Hier is die DNA string ontdek en RAF vlieëniers het hulle eskadernommers in die dak gebrand tydens die tweede wêreldoorlog. Heerlike knus matte, swaar hout meubels, baie geskiedenis, heerlike geselskap, bier en die beste vis en pastei ooit, maak ons van binne en buite warm.

Cambridge was nie op my emmerskoplysie nie en hierdie wonderlike dag was net ‘n pragtige geskenk. Dis nou die luukse daarvan om saam met inwoners van ‘n land te toer. Totaal verras en oorrompel deur hierdie hoogtepunt, loop ons weg met die Universiteit se motto in ons harte: “From this place, we gain enlightment and precious knowlege.”

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to In die Loveseat op die Cam rivier

  1. Adéla says:

    Baie goeie stuk, lekker gevaar nou 😜

    Adéla Engelbrecht Sent from my iPhone

    >

  2. dromer777 says:

    Wowwwwww beautiful

  3. Marieta Scheepers says:

    Dit was nou n lekker lees!! Doen so voort 🌸🌸🌸

  4. Gerba deKlerk says:

    Pragtig Annabelle Voel amper of ek saam met julle op di skuit vaar xx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s