‘n Geestelike Tuiste in ‘n vreemde land

Birmingham

Ek is lugtig om oor die SA gemeente in Birmingham te skryf, want wat kan ‘n besoeker in ‘n uur se tyd regtig verstaan van ‘n gemeente wat al vir jare bestaan?
As ‘n buitestaander oor mý gemeente sou skryf na een erediens, sou ek dink dis pure onkunde en arrogansie. Ek sê byvoorbaat jammer as ek op tone trap, oorveralgemeen en ‘n baie diverse en unieke groep gelowiges reduseer tot ‘n eenvoudige geheel. Ek voel egter so ‘n besonderse belewenis verdien ‘n blog, en my waarnemings is bloot vanuit my eie perspektiewe.

So stap ons in ‘n skool se luukse, maar klein dramasaal in en ondervind gelyk die vreemdste en bekendste gevoel – om ‘n spul gasvrye Suid-Afrikaners te hoor lag en gesels in Afrikaans asof ons almal pas in Pretoria bymekaar gekom het. Daar is ‘n intimiteit en spesiale band tussen die klein groepie gelowiges wat my dadelik opval. Mense reis ver om twee-weekliks hierdie afspraak na te kom. Die logo op die gemeenteblaadjie beskryf hulself as “’n Geestelike tuiste vir wêreldreisigers”.

Nog meer spesiaal is dit vir ons om ons oud-leraar en kollega te hoor preek. Jan Bisschoff het ons oudste gedoop en as my mentor opgetree in sy rol as kleingroep bedieningshoof. Tien jaar se water het intussen in die see geloop, en noudat ons uiteindelik die see gekruis het, is dit ‘n groot voorreg om te beleef hoe eg en diep hy steeds in ‘n mens se hart in praat. Eintlik besef ons nou eers hoe ‘n groot impak hy en sy vrou Ella maak in die lewens van mense deur hul menswees en beroepe in maatskaplike- en geestesgesondheidsdienste.

Die trane sit heeltyd vlak en ek is verstom hoe God se mense mekaar altyd sal vind. ‘n Baba is ook gedoop en een van sy name is ook Cornelis – dieselfde as my kleintjie en pa se tweede name. Sy ouma kuier uit Mosselbaai en lyk so trots en hartseer.

Ons sing bekende liedjies en die afkondigings maak ons bewus van die Afrikaanse Christene se uitdagings – daar word gebid vir die naderende winter se gemoedstoestande en daar word skenkings gevra vir hulp aan die kinders van Siriё. Ook hierdie klein gemeentetjie in ‘n eerste wêreld land, het ‘n hart vir ander se swaarkry en ‘n getuienis vir die mense om hulle.

Na die mees dekadentste koeke en saamkuier soos ou vriende, verdaag ons met die warm, dankbare gevoel dat God ook hier is en ons vriende uit Afrika seёn, beskerm en gebruik op ‘n baie besonderse manier.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

One Response to ‘n Geestelike Tuiste in ‘n vreemde land

  1. Gerba deKlerk says:

    Ek het ook vriende in di Afrikaanse gemeente Hulle hou ook heerlik basaar Ek dink omdat hulle so verspreid is, is elke byeenkoms soos n kuier geleentheid en is di gemeente amper soos n groot familie x mooi aand xx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s