So jy wil die wêreld verander?

jenna-christina-360067 (1)‘n Voormalige Vlootadmiraal, William H. McRaven, het in ‘n inspirerende toespraak gesê:“as jy die wêreld wil verander, begin deur jou bed op te maak.”
Volgens hom voel jy of jy wen as jy die eerste taak van die dag afgehandel het en dit gee jou die hupstoot om die volgende taak ook kaf te draf totdat dit sneeubal tot ‘n suksesvolle dag met ‘n hele rits voltooide take. Dit bevestig die beginsel dat die klein dingetjies in die lewe saak maak.

Ek het hierdie eers regtig gesnap toe ek vir die eerste keer soggens alleen met my pasgebore baba tuis gelaat is. My koliekbaba was soos ‘n tsunami wat iewers deur die nag oor ons gespoel het. Teen sonop was die huis ‘n rampgebied en dan het ek soos ‘n skipbreukeling rondgeploeter tussen take, net om teen 3-uur die middag te besef ek het nog nie tande geborsel nie, die foon is steeds van die mikkie af en die vleis vir aandete is nog in die vrieskas! My lewe het soveel meer struktuur en plesier gehad toe ek soggens heel eerste myself en my kamer uitgesorteer het.

Die lewe is ook nie net ‘n reeks sleurtake nie. Elke klein stappie maak deel uit van ‘n groter prentjie en word met liefde aanmekaar gebind en omraam. Sonder ‘n passie, ‘n droom en liefde, word dit ‘n nodelose storie.

Die groot uitdaging is dan om een oog op die groot prentjie te hou en een oog op die oënskynlike onbenullige takies oppad daarheen. Die geheim van vreugde lê in die willekeurige genot en waardering van elke takie. (Fil. 4:4). Die groot droom, die einddoel, is in die meeste gevalle ‘n antiklimaks. En dit is die soort lewe wat mense inspireer, wat opinies beïnvloed en mooi goed tot stand bring wat die wêreld verander.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s