‘n Skrywer op reis

Windsor CastleReis is ‘n wonderlike voorreg en een van daai opheffende lewenservarings wat jy nie besef jy nodig het, tot jy dit gedoen het nie.  Vir ‘n skrywer is dit ‘n vreugdevolle nagmerrie. Sonder om myself aan te matig as ‘n groot skrywer of reisiger, moet ek erken dat ek nie ‘n idee het waaroor om vandag te skryf nie. Ek is jammer as ek kla met die baguette onder die arm, maar die frustrasie is groot. Almal op Facebook is al moeg vir my fotos van ou geboue en my seuns was mateloos verveeld na 5 fotos en 3 videos …. “jammer ma en pa, nou weet ek hoe julle gevoel het met julle tuiskoms!”

Ek was net ‘n vir ‘n week weg, in ‘n land waar die meeste toeriste al was. Dit was ook nie my eerste keer in Engeland nie en ander wêreldstede reeds afgemerk op my emmerskop-lys soos Praag, Boedapest, Wenen, Berlyn, Amsterdam, Dubrovnik, Athene, Istanbul, Sydney, Parys en Lucerne sou my sekerlik voorberei het. Maar hierdie keer was anders.

Voorheen was ek nog nie ‘n blogger en vryskut skrywer nie. Ek sou hoogstens dagboek hou vir my ouers en alles probeer vasvang in fotos. Verder was dit my eerste keer oorsee sedert borskanker. En boonop was dit die eerste keer in 10 jaar wat ek alleen saam met my man toer en die eerste keer ooit weg van my kinders! Die bril waardeur ek na alles kyk is van iemand wat uitgebreek het, alles dankbaar en intens opslurp en aan die oomblik oorgegee is. Jy neem fotos van goed wat jy jou kinders wil wys en koop aandenkings wat net vir jou sin maak.

Die Engelse platteland is die agtergrond van sjokolade advertensies, met plekname soos Cheddar, Cadbury, Castle Combe. In die stad Bath kerjakker die Romeine al sedert Bybelse tye in die warm water en die fenominale Windsor se kasteel troon al 900 jaar oor die prentjiemooie dorpie met sy gemmerbrood-dakkie huisies. Daar staan onverklaarbare klipstrukture rond vir die laaste 5000 jaar en ons sit in die skadus van reuse bome waaronder ikone soos Shakespear, Byron, Lewis, Churchill, Diana en Hawkins gerus het.

Die joernalis in my het ‘n ongesonde vrees dat woorde nie die skoonheid en verwondering sal kan beskryf nie en eintlik weet ek dis ‘n gedoemde missie, wat ek eerder moet los vir die literêre reuse. Maar aan die ander kant, dis my storie, ons nalentenskap, soos wat ek by my ouma en oupa en ouers gekry het : die aanmoediging wat ‘n hele nageslag erf om te reis. So iewers oor die volgende paar weke sal ek sif deur ons mooi ervarings, fotos en herinneringe en iets van die land van bessies, blink en bloubloed probeer neerpen. Dankie vir my lojale lesers se begrip en geduld!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

One Response to ‘n Skrywer op reis

  1. dromer777 says:

    Kan nie wag om van jou ervarings te hoor nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s