Kruip uit jou dop

ian-dooley-298769 (1)

Ek kry elke week ‘n sarsie pragfotos per epos van hierdie ongelooflike webwerf wat gratis fotos beskikbaar stel. Hierdie foto het my veral aangegryp en ek gee dit my eie titel: breek uit!

Daar is vir my min dinge so inspirerend soos ‘n vrou wat iewers tussen haar rolle as huweliksmaat, moeder en beroepsvrou, kans kry om haar eie vonkel te ontdek.  Iewers tussen skoolkosblikke, die hond se inenting, die skoolkonsert, die afspraak met die ginekoloog, argitek en oudioloog, die kind se klavier eksamen, die sperdatum vir die werksopdrag en die inkopielys, maak hierdie vroue tyd vir hulself.  Hulle woon kampe, kursusse  en werkswinkels by om op datum te bly met teologie, politiek, nuwe tegnologie, sosiale media en modes.  Hulle lees boeke om van hul kinders, gesondheid, kos, dekor en geestelike groei beter te verstaan. Hulle beplan vir sukses, skeduleer stilword tyd, belê in hul menseverhoudings en werk hard om hul eie passies uit te bou.

Ek het sulke vriendinne wat hier naby of verby 40 in die ry gaan staan vir ‘n splinternuwe paspoort, ‘n eie besigheid registreer, ‘n kind aanneem, ‘n boek vrystel, ‘n sangloopbaan losslaan, ‘n tweede huwelik waag, ‘n doktorsgraad verwerf en ‘n nuwe lyf en kapsel met ‘n fotosessie bederf.  Hierdie vroue se toewyding aan skoonheid, vervulling en vreugde, gee my energie.

Ek dink ‘n dop is soms ‘n skans – ‘n verskoning waaragter mense skuil.  Ek is te skaam, besig, het te min kennis, tyd, geld, energie, blootstelling ens. Daar is min dinge so asemrowend soos iemand wat uit daai dop kan kruip en soos ‘n skoenlapper vlieg na ‘n metamorfose!  Iewers moet jy net die wilsbesluit neem om te veg vir jou drome en op jouself te wed.  Sit jou helderste lipstiffie aan, kraak jou dop en woeker vir die mooi dinge!

Foto deur Ian Dooley – Unsplash

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Kruip uit jou dop

  1. Toortsie says:

    Ek stem met jou saam. Iewers moet ‘n mens dien tot die opbou van jouself, tot die plesier van jouself.
    Ek dink jy is een van hulle! Jy doen dit reeds.

  2. travel460 says:

    Well said! Ek stem volmondig saam met jou. Of is dit volhartig.

  3. Hetta Baard says:

    Drie hoera’s vir hierdie inspirerende stukkie leesstof!! Dankie Annabelle!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s