Franse Wysheid

Die skrywer Christien Neser het ‘n rukkie terug 'n foto op haar bakkiesblad gedeel van ‘n sonwyser op die dorpsplein van Modovi waarop die woorde verskyn:

“Tous mes jours sont des adieux”: Elke dag is ‘n afskeid. 

Die aanhaling bly by my.  Ek gaan soek die aanhaling se oorsprong op Wikipedia en kom af op François-René, vicomte de Chateaubriand (1768 –1848).  Hy was ‘n Franse skrywer, politikus en diplomaat en word beskou as die vader van Romantiek in Franse literatuur. Voorts was hy ‘n  “foodie” en Chateaubriand biefstuk met ‘n komplekse sous, is vermoedelik na hom vernoem. 

As ek moet raai het sy kinderjare in ‘n somber Middeleeuse kasteel bygedra tot sy kreatiwiteit en skryftalent. Historici skets hom as ‘n eensame, adellike kind.  Hy onderneem egter ‘n avontuur na Amerika om die Franse Revolusie te ontvlug.  Kort na sy aankoms breek hy sy arm op ‘n wandelroete na die Niagra Valle en spandeer ‘n maand by ‘n Indiaanse stam voor hy terugkom en in leiersposisies dien.

Miskien is dit daar wat hy waardering vir die natuur en mooi dinge in die lewe gekry het?  “I wept, and I believed” skryf hy soos ‘n ware skrywer met sy hart wawyd oop.  Sy beskrywings van die natuur en ontleding van emosies het hom ‘n rolmodel gemaak vir generasies se Romantiese skrywers. 

Hy skryf: “Perfekte werke is raar, want dit word geskep in ‘n gelukkige oomblik wanneer smaak en genialiteit bymekaarkom in ‘n rare simbiose, soos wanneer sekere planete in gelid kom.  Dit wil voorkom of dit slegs na ‘n revolusie van vele siklusse gebeur en dit duur net vir ‘n vlietende oomblik.”

Hy het ook sterk gevoel daaroor dat die beste skrywers hulle eie storie in hulle werk moet vertel. In sy boek Génie du christianisme  skryf hy:

one only truly describes one's own heart by attributing it to another, and the greater part of genius is composed of memories.

Chateaubriand klink vir my na iemand wat die kosbaarheid en verganklikheid van die lewe gesnap het.  Iemand wat eg geleef het, toegewyd om die mooi te waardeer.  Hy sou verseker ‘n gewilde goedvoel blogger gewees het!  Miskien is dit hoe elke mens moet leef:  oop vir belewenisse en opreg in die bewaring en deel daarvan.
 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s