Dood waar is jou angel?

10 Jaar gelede verloor ons beste vriend sy stryd teen breinkanker. 

Hierdie foto is op Giyani geneem waar ons ‘n paar keer kerke gaan bou het saam met die legendariese sendeling Ds. Koos Beukes. Hy is intussen ook oorlede na ‘n stryd teen kolon kanker. Daardie dag het ons klomp jong getroudes heerlik gekuier en gedroom oor die toekoms. Ons was vol grappies, ‘n bietjie stout en salig onbewus van wat voorlê. 

Henk (heel links) was ‘n Vredendaller – sout-van-die-aarde mens met integriteit en omgee vir sy medemens. Op skool was die ‘Dallers’, Lutzville se aartsvyand, maar in Pretoria was ons hartsvriende, aangesien hy een van die min mense was wat geweet het waar op die landkaart my vallei is en boonop uitstekend met my man oor die weg gekom het. Vir ‘n kort rukkie was hulle vir ons nader as familie.

Die hartseer het my 5-maande-swanger-lyf kom vol lê. Hoe onregverdig dat ons met ‘n gesin kon begin terwyl my vriendin meteens ‘n jong weduwee is nie. My sussie is in daardie selfde week getroud en die vreugde en verlies het, soos dikwels in die lewe, met mekaar ge-tango. 

Na Henk moes ons my skoonsussie en nog kosbare vriende begrawe en ek weet nou die kuns lê nie in hoe ‘n mens afskeid neem nie, maar in hoe ‘n mens aanhou leef. Die dood verdien nie al die mag wat ons dit gee nie. Dis ‘n kuns om voort te gaan en te kies om gelukkig te wees. Dis normaal om te rou, maar dis bomenslik om deur die hartseer te werk, hoopvol te bly en die lewe vir almal om jou mooi te maak. As gelowiges het ons die belofte dat dood net die einde van ons stoflike bestaan is en dat ons nog vir ‘n ewigheid saam gaan wees. Ek drink vandag ‘n glasie op ‘n mooi mens se lewe en kies opnuut om met ‘n dankbare hart en ‘n gees van verwondering te leef.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Dood waar is jou angel?

  1. ellaukblog says:

    Dankie Annabelle het vanaand hierdie blog nodig gehad.

  2. engelneels says:

    Baie mooi geskryf!

  3. Jy laat ‘n mens diep dink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s