Stofsuiers, Skoonheidskoninginne en Sirkels


My man is ‘n ingenieur wat soos daai grappie als kan regmaak met twee McGuyver items.

Dit wat moet beweeg kry olie en dit wat moet stilsit kry dak-“tape” (my woord, want ek het gedog dis iets wat so sterk is dat dit dakke kan heelmaak!) Maar nie alles in die lewe kan met “duct tape” reggemaak word nie. Vra enige ma met ‘n oorlaaide graad 4 skooltas! So beland ek in die mark vir ‘n nuwe stofsuier en na ‘n lang proses kom ek tuis met ‘n bloedrooi Hoover. (Net sodat julle weet hulle betaal my nie vir lugtyd nie.) Ek is so opgewonde soos my driejarige-self met my eerste hout stofsuier wat my pa vir my gemaak het met draai-wiele en “Hoover” in sierlike skrif bo-op geskryf! 

Deur ouer word en deur jou kinders kry ‘n mens gereeld stukkies van jou kinderjare terug. Biltongboekies soos my pa dit gekerf het, kinderboeke wat my ma vir ons gelees het en soveel klein vreugdetjies wat jou laat onthou . Oprah noem dit ‘volsirkel-oomblikke” wanneer die sirkelgange van die lewe voltooi word en jy ‘heelmens’ word.

Saterdag moes ek vir die eerste keer as spreker optree by ‘n Mev. SA & CANSA oggend tee. Ek kry raad by my styl-kenners in Hobart en Dubai. Beslis hoё hakke laat weet hulle in ‘n koor. My koorvriendinne koop eerste hulle kaartjies en hulle entoesiasme maak my dapper.

Die oggend is vol modelle, finaliste en vorige deelnemers. Skielik was ek terug saam met my vriendin en ons plakboeke vol van Prinses Diana en die Mej. Suid-Afrika’s van ons tyd: Wilma van der Bijl, Janine Botbyl, Michelle Bruce en Suzette van der Merwe. Ons het hulle haarstyle en uitrustings vir ons poppe gemaak en gedroom van groot-wees. Min het ons toe geweet hoe mooi en en begeerlik innerlike krag, deernis en humor is.

Die Mev. S.A inisiatief is soveel meer as ‘n skoonheidswedstryd. Hierdie is ongelooflike, skitterende vroue wat bitter hard werk en hulleself deel vir liefdadigheid en die opheffing van alle vroue. Ek voel bevoorreg om met hulle te kon saamwerk en ‘n klein bydrae te lewer in Cathleen Prinsloo- een van die top 25 finaliste se veldtog.

Ek moes by die geleentheid ook praat oor my blog – ‘n eerste vir my as skrywer. As my ma se leserskring ‘n skrywer genooi het, het hulle sterstatus in my oё gekry. Ek het veral ‘n groot bewondering gehad vir Audrey Blignaut. Haar “Oulap se rooi” en ander kortverhaal bundels was ook goedvoel stories wat my groot vreugde verskaf het. Nooit sou ek as jong meisie droom om by so ‘n glans geleentheid te praat oor my eie mooi storie en die kosbaarheid van die lewe nie. Ek moes hard veg teen die trane en kon kwalik na my engel-man kyk oorkant my, waar hy gerusstellend geposisioneer was as amptelike fotograaf. Tussen al die mooi dames en blomme word nog ‘n sirkel voltooi – ‘n stuk terapie na kanker en die seker wete dat Die Here alles mooi kan maak.

My Toespraak https://youtu.be/3YQXtVlcCMk

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s