Die wydste glimlag en ‘n skok-pienk kierie


Vandag bring ek hulde aan al die vegters wat kies om in styl te “suffer”. Daar is iets te sê oor ‘n persoon wat die galbitter beker wat aan hom of haar opgedien is, met soveel grasie drink, dat dit omstander selfs ‘n bietjie jaloers maak! 

Ek praat vandag van die stille stryders: depressie lyers, ouers van gestremde kinders, kroniese siekte toestande en die wat bekommer oor brose, bejaarde ouers. Dis nie ‘n omkeerbare situasie waaruit jy kan kom met ‘n kitsoplossing nie. Jy is in ‘n anderste lewe vasgevang wat net moeiliker raak soos wat tyd aangaan en niemand buite die kring verstaan regtig, of het meer raad met jou nie.

Ek skryf vandag vir my vriendin wie se ma moontlik die begin van iets soos Altzheimer’s het. En my vriendin met ‘n outo-immuun siekte wat geen vooruitsig op beterskap het nie. Niemand verstaan die vrees, die moegheid en die swaarkry waarvoor daar geen sperdatum is nie. Dis ‘n lewenslange saamleef met die doring in jou vlees. Ten spyte van hul eie stryd leef hulle voluit met waardering , dankbaarheid en ‘n omgee vir ander.

Ek het nog kontak met een van my chemo maatjies. Sy is die toonbeeld van elegansie en pret. Sy leef met Fase-4 kanker nadat haar borskanker tot in die skelet versprei het. Tog weier sy om ooit te kla of bejammer te word. Haar meelewing en humorsin bly vir almal om haar ‘n geskenk. Sy verwys na haar gereelde sarsies chemo en radiasie as bietjie “maintenance” wat sy laat doen. Dit raak nou pynlik om te loop en sy moet ‘n kierie kry. Sy is egter so stylvol, sy dring eenvoudig daarop aan dat dit ‘n modieuse, prettige pienke moet wees wat sy terstond laat invoer uit die buiteland! Sy lei nie aan kanker nie, sy dra dit soos ‘n kroon!

Daar is nie vir alles in die lewe hoop en antwoorde nie, maar jy het ‘n keuse in hoe jy dinge aanpak en hoe jy kroniese swaarkry hanteer. Hierdie mense is vir my die bewys dat jy steeds kan vonkel en inspireer!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s