Die smeulende onderbos


Daar is seker nie ‘n skrywer wat onaangeraak kan bly deur die afgelope week se nuusgebeure nie.‘n Redakteursvriendin erken dat sy en haar span totaal sielsvoos is. ‘n Mens weet amper nie wat om met die oorweldigende emosies te maak nie – buiten skryf en filosofeer oor die nuwe Suid-Afrikaanse landskap en die lewe in 2017.

Daar word bespiegel dat die tragedie moontlik toegeskryf kan word aan die droё onderbos wat vir maande lank gerook het. Dit herinner my aan die smeulende onderbos in so baie mense se lewe. Uitgedroogde, verrottende plantmateriaal en boomwortels word ‘n teelaarde vir ‘n groot ramp. Goeters skuil dikwels maande en jare tot die kleinste briesie die bos en die mooiste dorp in vlamme kan laat opgaan.

Jy sien dalk die rookseine in jou eie lewe, maar jy het nie die tyd, toerusting of kundigheid om deur die ondeurdringbare woud te kom nie. Jy weet daar is klein gloeiende hopies wat jou gesondheid, huwelik, verhoudings, loopbaan en selfs geloofslewe bedreig, maar daar eenvoudig nie tyd om dit aan te spreek nie. Woorde bly ongesê, gevoelens word onderdruk en goeie voornemens bly lê op die vloer van jou hart saam met al jou frustrasies, vrese en spanning.

Wat ek uit hierdie aaklige ramp wil leer is om harder as ooit te werk aan ‘n ewigheidswoning. Moenie wag vir die groot siekte, krisis of ramp voor jy die onderbos gaan oopkap nie. Teen daardie tyd moet jou immuunstelsel, fiksheid, kreatiwiteit, geloof, ondersteuningsnetwerke en karakter reeds gebou wees, gereed vir die geveg van jou lewe. Kom in die ritme van werk en rus en gereelde opruiming van jou sielewoud. As jy nie self kan nie, kry hulp, vra raad, begin met ‘n plan, ‘n eerste dapper tree.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Die smeulende onderbos

  1. travel460 says:

    Hoe raak vat jy dit nie saam nie.

  2. Toortsie says:

    O ek stem 100 persent saam, maar beleef dit dat soveel mense jou kwalik neem as j yaan daardie goeters begin krap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s