Aspoestertjie se sprokiesbal


Maters soos wat ek hier sit en tik bewe ek eintlik nog ‘n bietjie in my binneste van opwinding (en dalk ‘n raps te veel vonkelwyn). Ek is uit my (glas)skoen(e) geseën deur die “Dancing with the Survivors” geleentheid van CANSA en Fred Astaire. Van vroegoggend af het ons dansers (almal borskanker oorlewendes) heerlik saam gekuier en dit was kosbaar hoe elke vrou hul menswees gedeel het. Vir ‘n buitestaander het dit seker soos weermag veterane geklink wat oorlogs letsels vergelyk en slagveld staaltjies uitruil. Ek kom baie gou agter “what you see is not what you get.” Dit is toevallig ook die tema vir die dag en iets wat my nog lank sal bybly. Die pasiënte wat jy in onkologie sien is meer as net die siek persoon wat jy jammer-kry. Agter elkeen sit ‘n storie en ‘n ongelooflike reis.

Die mooimaak span slinger ons in ‘n nuwe konstellasie in. Ek dink ek het laas op my troue so vroulik en opgedollie gevoel! Ek kan my skaars indink dat ek môre weer moet terugkeer na sokkies oprol en vloere was! My dansskool pas my soos goud op en twee tydskrifte soek fotos.

Soos dit met die sprokie van Aspoester gaan, het sy baie laat by die bal opgedaag omdat daar fout gegaan het met haar rok en dit nog aan haar vasgewerk en vasgesteek moes word met etlike doekspelde! Die goeie fee gaan self ook deur ‘n lewenskrisis en ek kan net bid dat sy en haar man daardeur sal kom. My drie manne is in skok oor die vreemde hare, grimering en rok en hulle sien my net vlugtig voor ek en my eie Fred Astaire die vloer kry. Die hele 3 minute is eintlik net ‘n wasige droom. Ek kan bitter min onthou, behalwe dat dit heerlik was! Dit het gevoel asof ek dans namens elke vrou wat verdien om soos ‘n prinses te voel. Vir elkeen wat besig is met haar eie geveg. Asof die sterstof wat ons opskop hulle sal seën en inspireer. 

Wat my die diepste geraak het vandag is hoe elke vrou uit een mond getuig het dat kanker die beste ding was wat met hulle kon gebeur het. Daar is niemand wie se lewe nie op ‘n pragtige manier onderstebo gekeer is nie. Alhoewel sommige selfs ‘n tweede geveg gewen het, is hulle steeds dankbaar vir hoe dit hul lewens verryk en verbeter het. Hierdie dames se lewenslus en lewensvreugde spiraal uit na almal om hulle. 

Die res van die middag en aand word ‘n heerlike kuier met dierbare vriendinne wat kom ondersteun het, verruklike kos en selfs ‘n paar draaie op die dansvloer met my eie man! Hoe kosbaar om die lewe en die liefde so te kan vier! Dankie vir ‘n dag om in my lewe nooit te vergeet nie!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Aspoestertjie se sprokiesbal

  1. travel460 says:

    Wat ñ kosbare herinnering wat jy saam met jou gaan dra. Ek is so bly julle dag was ñ reuse sukses.xxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s