Aspoestertjie kry skoene

Ek was mal oor Richard Gere in Shall we dance? Maar Dirty Dancing is steeds my gunsteling fliek van alle tye – soos baie van my tydgenote…In matriek het my vriendin dit al 19 keer gesien en die teks woord vir woord saam gesê! Julle kan dus verstaan hoe verras en opgewonde ek is om (soos Baby) ‘n blitskursus te kan kry by Fred Astaire dansskool om saam met my geduldige instrukteur op te tree by ‘n damestee ten bate van CANSA.

Daar word ‘n rok gemaak vir elkeen van ons 8 borskanker oorlewendes en hare en grimering word professioneel vir ons gedoen voor die optrede. Ons roetine eindig met wat in Salsa ‘n “death drop” genoem word. Daarvoor doen ek oefeninge tuis om nie soos ‘n sak aartappels te lyk wat van die vloer af opgetel word nie. Tyd vir twyfel en bang wees is daar nie, want tussen my oudste se eerste eksamen en kleinboet se bulletjie rugby is daar net net genoeg tyd om die dans roetine te leer. Die dansery is heerlik en hulle verseker my dis doodnormaal as jou voete vanself die passies begin uitvoer in die middel van ‘n winkel as jou lied toevallig begin speel!

So beland ek in ‘n dansklerewinkel in Groenkloof om my eerste paar professionele baldans skoene te koop. Dis amper onwerklik om die magiese heiligdom te betree – dogtertjie-hemel vir hierdie seuntjie-ma! Daar is nie aanpas plek op die stoele nie, want die plek is vol tuttus wat uitgepak word. Dis net balletskoene oral, tiaras, kouse, grimering en haargoed vir elke moontlike verhoog of kompetisie. Ek wonder heimlik hoe die assistent Aspoestertjie se nr. 8 skoen gepas sal kry. Oor die balanseer op die hakke sal ek my later kwel.

Wonder bo wonder glip ek in ‘n pragtige skoentjie en ek weet dadelik ons gaan nog jare maats wees! Handgemaakte sandale met kalfsleer sole – ligjare verwyder van my alledaagse dienlike, praktiese, plat skoeisels. Ek dink aan die ribbok wat op hoë plekke sal loop en dissipels wat op water loop en ek dink my getuienis sal wees om binne ‘n week op regte balskoene te dans!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Aspoestertjie kry skoene

  1. catjuggles says:

    Jy gaan ongelooflik wees! Wens ek kon dit sien. Ek het natuurlik al ‘n fortuin in daai winkel spandeer aan ballet skoene, charcter skoene, leotard, La Pebras gel, lycra broekies en net rompies en tights, pare en pare tights oor 9 jaar van ‘n dansmamma wees,

  2. engelneels says:

    OK, Aspoestertjie, gooi mielies!! Ons sal maar moet tevrede wees met die video agterna.

  3. Avis Perks says:

    Sooooo looking forward to seeing you dance! You are an inspiration and are going to be “totes amazeballs” as the kids say.

  4. travel460 says:

    Eerlik, nou is ek effens jaloers! Klink net te lekker, hierdie dansery van jou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s