Aspoestertjie (Deel 1)


Voor my eerste chemoterapie sessie het ‘n vriendin opgewonde voorspel hoe ek nog eendag op ‘n CANSA motorfiets toer sal gaan en getuig oor die Here se genade.Ek het my oë gerol en minagtend gesnork dat ek nooit in my lewe weer wil terugkyk, by ‘n pienkstrikkie organisasie betrokke wil wees, of die “poster girl” vir borskanker gaan word nie. Ek wou net so gou moontlik terugkom in my voorspelbare, veilige gemaksone waaruit kanker my kom ruk het.

Wel 4 jaar later het dinge dramaties verander. Ek saal steeds nie ysterperde op nie, maar ek het aanvaar dat my storie mense raak. Ek het nog altyd weggeskram omdat ek glo mense wat die hardste raas, die minste impak maak. Mettertyd het ek begin sien hoe die Here juis enige soort mens gebruik en hoe alle glorie net terugkaats om Hom te eer. Al wat ek van myself moet gee is ‘n roekelose waagmoed!

My blog was aanvanklik net ‘n terapie en kommunikasie instrument, maar het ‘n lewe van sy eie gekry en ‘n platvorm geskep wat baie deure oopgemaak het. Een so ‘n deur was die van Fred Astaire dansskool in die ooste van Pretoria. My man sê kanker se drie fases vir my was “bald, bold and ballroom!” In goeie Afrikaans seker iets soos bles en baldadig! So ek het ingestem om een van 10 borskanker oorlewendes te wees wat aan ‘n dansvertoning gaan deelneem by ‘n CANSA damestee. 

So vir die afgelope maand kry ek lesse in die jakkalsdraf en leer ek oor die etiket en blink opwinding van die baldans wêreld! So ver verwyder van die ure in onkologie en soveel lekkerder as die alledaagse huishoudelike roetine! Dit voel kompleet asof Die nare stiefma wat borskanker was, my nie kon weghou van die bal nie! My goeie fee het reeds haar towerstaffie begin swaai! So vir die volgende paar weke sal ek berig oor die sprokie wat besig is om in my lewe af te speel. Ek belowe ek sal so min as moontlik kla oor my seer spiere en julle net saamneem op my avontuur wat voorlê!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Aspoestertjie (Deel 1)

  1. travel460 says:

    Wat ñ heerlike ervaring! Dans sommer vir my part ook.

  2. catjuggles says:

    Ek kan nie wag om jou “geoutfit” aan die dans te sien nie!

  3. Gerba deKlerk says:

    Genade, Annabelle jy omtrent n meisie v vele fasette xx geniet dit xx oom Braam mos halleluja voete gehad So my dansvoeye het later heel verroes geraak Ek was vreeslik lief vir dans gewees Natuurlik ni ballroom ni xx geniet xx

  4. Ohna Reyneke says:

    Mooi Annabelle, doet so voort en geniet dit!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s