Om te Verveer(tig)!

Hierdie week sluit ek aan by die groep, oor wie gesê word, ‘besig is met die beste jare van hulle lewe.’ Ek glo nie ek gaan oornag meer grasieus, wys of dapper word nie, maar ek sien potensiaal. 

Daar is bevryding en genade in elke nuwe lewensjaar en die babas van 1977 is in ‘n unieke posisie. My tydgenote het hulle lewens begin sonder TV (of enige skerms) die jaar toe Elvis dood is. Ons is gebore in die tyd van Apartheid en ons het ‘n kollektiewe geheue van die vryheidstryd en geboorte en stadige dood van ‘n demokrasie.

Ons grootouers het ons vertel van konsentrasiekampe en wêreldoorloë. Ons het hard geleer en nog harder ge”rock” in ons sneeu denims en neon sokkies. Ons taaiheid, humorsin, kreatiwiteit en lewenslus word bewonder.

Nou moet ons ons eie stem ontdek en gebruik. Ons het ons “street credit” verwerf. Ons is oud en jonk genoeg om die vredemakers, hoop-gewers en energie genereerders te wees. Ons is nog buigbaar in ons meningsvorming en soepel genoeg om te buk en ons hande vuil te maak. Ons mag stouter wees, pretensieloos, sonder oordele leef en onsself nie te ernstig opneem nie. Ons mag elke dag die storie herskryf. Nie net jou jou eie storie nie, maar ook die van die mense rondom jou. 

Ek kan net namens myself praat, maar ek glo elke mens se geluk word bepaal in hoe ‘n mate hy/sy die Skeppingsdoel vir sy/haar lewe leef. Ek glo myne lê in my vrouwees. Ek is nou oud genoeg om te verstaan as die Indiane ‘n vrou beskryf as die vuur in die middel van ‘n familie se tent. Sy gee warmte en koestering. Die vuur wat lewe gee en lewe draaglik maak. Wat ‘n onverdiende voorreg om dit te mag wees! Aan al my (fees)jaargenote: omhels 40, wees wie jy is, waar jy is, met oorgawe tot seën van almal en veral jouself! Skud jou nuwe vere reg en leef jou beste lewe!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

6 Responses to Om te Verveer(tig)!

  1. Toortsie says:

    Hartlik geluk!
    As jy 40 is mag jy doen wat jy wil waar jy wil of jy wil hoe jy wil met wie jy wil soveel jy wil.
    Daar’s perke, hoor! 😁

  2. travel460 says:

    Pragtig geskryf!

  3. ekmyselff says:

    Bie geuk! Ek en jy is jaargenote – oor n paar maande is ek ook daar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s