Moet ek gaan met skurwe hande?

So spot my flymskerp koormaatjie dat sy room nodig het, voor ons 400 Capital Singers se uitvoering van die ou Halleluja liedjie: Moet ek gaan met leё hande? Sal ek ooit weer die liedjie reg kan sing en my lag sluk? Die dieper betekenis van die lied ontgaan my nie. Wat as my lewe nie eens een siel gebring het om te offer aan Sy troon nie?   

My vroegste bewuswording van sending was as klein dogtertjie by my ouma se boekrak. Sy was ‘n getroue donateur en korrespondent. Ek was altyd aangegryp deur die verhale van sendelinge en het ‘n heldeverering vir hulle bo-menslike waagmoed, deursettingsvermoë en geloof. Mense soos Broer Andrew – God se smokkelaar wat Bybels agter die ystergordyn versprei het. Dis die mense wat in moderne tye wonderwerke beleef en in primitiewe omstandighede hoop en genesing bring.

Onlangs herinner ‘n vriend my aan een van die ander kosbare boekies wat ek by ouma geërf het, deur Richard Wurmbrand – Vir Christus Gemartel. Hy vertel hoe Richard by ‘n Sendingweek op Stellenbosch getuig het van KGB agente wat sy voetsole met ysters gebrand het om die adresse van Christene in Kommunistiese Roemenië te bekom. Hy het geweier, want dit sou hul dood beteken. Hy het net oor en oor gesê “Jesus loves you.” Hy word alleen in ‘n donker gat gegooi en ‘n paar dae later kry hy ‘n medegevangene – dieselfde KGB agent wat hom gebrand het! Hy erken toe hoe daai sinnetjie by hom gespook het en hoe hy nie anders kon as om Jesus aan te neem nie. Dis hierdie stories wat geslagte daarna nog inspireer en versterk.

Nog ‘n pragboek het onlangs oor my pad gekom – Die Hart van God saamgestel deur Lisel Joubert en Isabel Murray. Dis die verhale van meestal onbekende en vergete vroue in die sending. Baie van hulle het uit Victoriaans Europa gereis, opleiding in Wellington ontvang en in Afrika ingegaan met Die Evangelie. Hulle het dikwels jonk gesterf en sommige het nooit eers by hul bestemming aangekom nie. Kort na hul aankoms in Malawi word die swanger Bessie Vlok siek aan Malaria en haar baba sterf ‘n dag na geboorte. Op haar sterfbed ‘n paar dae later skryf sy: 

 Ek gaan sterf en ek het so weinig gedoen: ek het nog niks vir die Here gedoen nie.

 Haar lewe en getuienis eggo steeds in die toekoms in.

Ek glo ons is almal net instrumente wat in ons swakheid en diensbaarheid gebruik word om die Koninkryk te laat kom. Elke glimlag, elke sagte gebaar, elke liefdesdaad en elke mooi storie wat gedeel word, is ‘n stukkie Koninkryk wat reeds kom.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

One Response to Moet ek gaan met skurwe hande?

  1. catjuggles says:

    Pragtig geskryf vriendin! Ds Nico se preek Sondag was so treffend – laat ons aangaan en die hopsitaalskip voortstuur.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s