Rowwe randjies en klipperige steiltes

Ek is mal oor netjiese raampies. Ek soek patrone rondom my spieëls, fotos, beddings en selfs koeke en pasteie. Mooi gevormde gewellyste en nuwe kroonlyste is hoog op my wenslys vir ons huis. Ek het selfs geleer om kleurvolle randjies om waslappe te hekel!

Ek kom egter agter met seuns grootmaak – en meeste ander dinge in die lewe – is dit nodig om met uitgerafelde randjies te leer saamleef. Langdeling in Graad 4 is koekoes, maar nie so ingewikkeld soos die pre-tiener- kuif-bestuur of die kleuter se “onder(stebo) baadjie” krisis nie. “Dis julle wat die wind” het vasgesteek en “daar lê die ding” al weer op vloer. Nie alles kan op hierdie tydstip in my lewe so fyn gemanikuur en afgerond word nie. Meeste van die tyd gaan dit soos Tolla gesê het – rof en onbeskof!

 “Soms is dit nodig om bietjie grondpad te ry” so verduidelik Christo Burger vir die soprane wat partykeer effe moet skietgee en net laat loop.

Die naweek sukkel ons teen ‘n koppie op en ek spook om by die manne by te bly want my bors brand en my asem jaag. Ons beur op teen stowwerige los klippe op en ek besef opnuut hoe min ek van opdraandes (en selfs steil afdraandes) hou. 

Ons verkies beheer en gemak , maar die waarheid is dat dit die uitdagende paadjies van die lewe is, wat ons regtig mooi kuite gee en innerlike wysheid en skoonheid toevoeg. Van bo af sien ons jongste “die kranse voёl” en koggel die kwêvoël vir ons terwyl ons rus en perspektief kry vir die nuwe kwartaal.

Jy kan jou lewe so sorgvuldig beplan as wat jy wil, maar onkruid kruip steeds in en dinge rafel steeds uit. Jy moet glo: Soos ons in die Kinderkrans gesing het: Ken Hom in al jou weё, dan sal Hy jou paaie gelyk maak. Maar as jou pad plek plek wel 4×4 raak, kan jy glo dit is ook OK. Pak die klippe op mekaar vir ‘n altaar van lof en aanbidding.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Rowwe randjies en klipperige steiltes

  1. Gerda van der Westhuizen says:

    ‘n Plesier om te lees!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s