‘n Oomblik vasgevang in tyd

Daar staan hy fors en enorm in ‘n boom met ‘n statige waardigheid wat respek en bewondering afdwing. Dis die eerste keer ooit wat ons eerste by ‘n wildtuin besigtigingstoneel aankom. Ek is buite myself van opgewondenheid oor die katjie!Gewoonlik gebeur wat vroeër die oggend gebeur het: ‘n opgewonde toeris kom verby met afgedraaide ruit. Uitasem vertel hy dat hulle nou net ‘n luiperd gesien het – skaars 600m terug … maar nou is hy weg. En net sodat hy seker is jy is jaloers genoeg, prop hy sy kamera in jou hand sodat jy na sy foto moet kyk.

Of jy kom op ‘n toneel af waar die voertuie in alle rigtings bondel – iets tussen ‘n kettingbotsing en ‘n straatpartytjie. As jy uiteindelik ook naby kom vertel hulle ewe opgewonde “hier was nou net ‘n leeu! Jy is so 20 sekondes te laat”… My FOMO ruk totaal hand uit!

Vanoggend kon ons iets afneem saam met ons kinders en oupa en ouma, wat ons familie nog vir jare daarna gaan geniet en bespreek. Toekomstige kampvuur vertellings sal staaltjies herroep van die trotse vader wat hom raakgesien het en die ongelooflike sameloop van omstandighede wat als daartoe gelei het dat ons op presies daardie oomblik op daardie paadjie was.

Oor Vrydag se Zuma-protes foto’s voel ek dieselfde. Fantastiese foto’s van nasietrots en eenheid sal generasies nog lank herinner aan die oomblik in SA se geskiedenis, toe ons besef het ons gee om vir mekaar en ons land. Duisende foto’s van individue, skares en baniere gee my ‘n knop in die keel. Skielik was dit nie dislojaal, onrespekvol of rassisties om in die openbaar te mag erken ons president is sleg nie. Sosiale media het nog nooit so gedreun van hoop, geloof en liefde nie!

‘n Goeie storie is lekker, maar ‘n foto is soms ‘n hele boek! Ek hoop jy sien en deel ook gereeld goedvoel foto’s!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to ‘n Oomblik vasgevang in tyd

  1. travel460 says:

    Wonderlike foto, en wat ñ voorreg! O ja, en ek stem so saam met jou oor Vrydag.

  2. catjuggles says:

    Dit is altyd wonderlik om so uitsonderlike dier te sien. My man vertel altyd vir die kinders dat dit ongelooflik het dat hulle as kinders hierdie voorreg gehad het (ons het Maatla – een van die 3 groot mannetjies in Pilansberg in 2015 by die Tilodi dam gesien – ook van lekker naby. Phantom is ‘n pragtige kiets – so fyn in vergelyking met hom. So waar ne – oor Vrydag.

  3. Gerda van der Westhuizen says:

    Pragtig gestel! In die kol!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s