Geseënd is die vredemakers

Ek moet bieg dat ek ook nie elke week iets goeds het om oor te skryf nie. Voelgoed stories is partykeer harde werk. Soos alle skrywers loop ‘n mens mos maar los houtjies en optel. Soos Kandas en Linkies op die plaas tussen die wingerde sou loop en soek vir dooie wingerdlote vir hul kookskerm se vuurtjie, so moet ‘n skrywer deur die lewe loop en notas maak vir wanneer die skryf-slag aanbreek. So lees ek Liesl Cronje se blog en ek stel my voor hoe stil sy in daardie samekomste was sodat sy alles so sorgvuldig en deernisvol kon neerpen. So lewe skrywers met alle voelers uit, senuwee eindpunte oop en binne ore gespits. 

Natuurlik kry mens twee soorte skrywers. Die wat die magtige skryfswaard swaai vir kritiek, klagtes en veral om vrees aan te wakker. Daar is mos die gesegde van jou pen in gal doop. Hulle kommentare sal jou oorbluf en wasbleek laat met die beeld dat daar niks minder as ‘n gelapte doringdraad tussen ons ou wêreld en die hel is nie. Met verpoepte voorbeelde, uitgerafelde redenasies en verbloemde haat sal hulle skrywes jou probeer oortuig om jou drome op te gee en hoop te verloor. Hulle bring jou so naby aan depressie as demmit aan ‘n vloekwoord.

Deur gereeld te blog het ek geleer om meer bewustelik te lewe, aandag te gee, teenwoordig te wees en altyd op die uitkyk vir iets moois, iets waardevols en iets wat hoop gee. 

Wat se soort hout loop jy en vergader vir jou vuur en watter vure stook jy? Is jy lig of soek jy duisternis? Moet ‘n mens net sagte, gewyde kerslig wees, of moet jy soms ‘n teater kollig skyn op ongeregtigheid? Miskien selfs soms ‘n oorlogsfakkel wees? Miskien is al wat ons moet soek net wysheid en liefde. Miskien lê saligheid regtig daarin om gemoedere te kalmeer in onstuimige tye en hoop te bring wanneer almal voos voel.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Geseënd is die vredemakers

  1. engelneels says:

    Mooi gesê!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s