Hoe vervelig is jou Rusdae?

Ek het grootgeraak (ja, lag maar – net mense buite die Kaap word groot) op ʼn plekkie waar Sondagnamiddae baie, vervelig was.In die vroeë tagtigs het daar op ons dorpie elke 3 ure net mooi niks gebeur op die langste middag van die week nie. Geen winkels, eetplekke, parke, flieks of vermaak nie. Ons huiswerk moes altyd voor Sondae afgehandel wees en buiten Nils Holgersson of die revolusionêre Beyond 2000, was daar niks op TV nie. Jy kon die wingerd hoor groei.

Die allerheiligste middagslapie was vir ons ‘n marteling – vandag verstaan ek hoekom my pa volgehou het dis Bybels. Daarna sou ons by oupa en ouma op die dorp gaan kuier. Dit was die tyd voor mense haastigheid uitgevind het. Ons het op die stoep gesit en na die geheimenisse van die hart geluister. Moerkoffie en ‘n koekie het altyd een of ander tyd te voorskyn gekom.

Soms het ons by vriende op hul plaas gaan kuier het, of hulle by ons. Kinders mag nie tande getel het in grootmens geselskap nie, want “gesien, maar nie gehoor word nie” was die tydsgees. Ons kinders het vir ure op ons eie buite gespeel met die maats. Byna altyd Wegkruipertjie, Wolf-wolf hoe laat is dit? en Vyf klein watsenaampies kom soek werk… (dit was nog apartheidsjare mense!)

Blomme-tyd sou ons ‘n mooi paadjie gaan ry het of in die somer strand toe gaan. Soms sou ons nuuskierig deur ‘n bouperseel gaan stap om te kyk hoe iemand se huis vorder en bespiegel waarvoor elke vertrek gebruik gaan word.

Sondag middae, het my ouma altyd gesê, laat haar verlang na mense wat sy nie ken nie. Ek het gedink dit is die toppunt van ellende. Noudat besef ek die waarde van ‘n rusdag. ‘n Gesinsdag waarop almal tot verhaal kom na ‘n gejaagde week. Ek gun my kinders die sielewaarde van verveeldheid, want ek glo dit bou verbeelding en ‘n ryk geesteswêreld. Ek gun myself ‘n paar lui ure waarin ons nie hoef te presteer of kompeteer nie. ‘n Oomblik waarin ek dieper kan asemhaal, net wees en na my hartsmense se binnestemme luister. 

Nou geniet ek die broodnodige niksdoen, ‘n saamwees tydjie voor Maandag met sewe soorte hel op ons losbreek en ons verby mekaar stuur soos skepe in die nag. Elke rusdag is ‘n geskenk uit Sy hand. Hoe gebruik jy joune?

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Hoe vervelig is jou Rusdae?

  1. travel460 says:

    Ag hemels. Ek sou ook weer die middagslapie ding wou doen, soos in my kinderjare. Maar helaas. My manlief verstaan nie van rustig niksdoen op ñ Sondag nie. Bootry ja, saam met vriende. Dit is meer sy koppie tee. Ek kla nie, maar jou storie laat my baie terug verlang.

  2. engelneels says:

    Bly om te hoor jy besef ek was reg oor die middagslapie!! Gelukkig is ek nog nie so oud dat dit my nagrus belemmer nie. Lekker slaap!!

  3. Marena says:

    Ek hoef nie meer tydstkrifte te koop nie. Ek het vir jou. Geen rubriek-bladsy kom hierby nie. Ag, hoe lus is ek nou vir ‘n slapie…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s