Trooskos

Ja ek weet trooskos word blameer vir sielkundige- en gewigsprobleme, diabetes, kanker en ander ellende, maar daai toestande kan sonder enige hulp van jou ook gebeur. Trooskos self is nie sonde, skandalig of boos nie.

Daar is ‘n rede hoekom mense so vreterig is na ‘n begrafnis. Die liefde is tasbaar in wyktannies se driehoek witbroodjies sonder korsies en biltong blokkies so sag soos ‘n drukkie. Daar is koestering in ʼn stroopsoet koeksuster en ʼn konfyttertjie met ʼn delikate blaardegie. 

Troetelkos is elke ma en ouma in die wêreld se voorreg. Vir geslagte reeds word kinders en eggenote se spanning verdryf, gemoedere kalmeer en teleurstellings weggetoor met ʼn sjokoladetjie op die kopkussing, ‘n kasie in die kosblik of ‘n gemmerkoekie saam met die tee. Oorloë is al afgeweer en staatsgrepe gestuit deur ‘n goed deurdagte spyskaart of ‘n pragtige koek. Geen pleister of salfie kan genees soos ʼn gunsteling bakkie stoomkos in die winter nie en geen eksamen is al gedruip as gevolg van ʼn ek-dink-aan-jou-bederfie nie.

Kos wat die hart verwarm, kindertyd herinneringe oproep, is kos wat meer as net ‘n fisiese nood voed. Miskien is dit iets wat jy self maak, of iets wat jy by die deli of vulstasie koop. Jy weet wat die mense om jou spesiaal laat voel. 

Moenie dat diëte, populêre kosneigings en doemprofete jou laat skuldig voel oor trooskos wat jy af en toe geniet en uit liefde uitdeel nie. Wat is jou gunsteling trooskos?

Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld. Prediker 9:7-9

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Trooskos

  1. engelneels says:

    Jy’t my nou skoon honger!

  2. catjuggles says:

    Ag dis so waar – ek het iewers in 2013 geskryf oor my een Ouma wat jou tee en ‘n lemon cream koekie gevoer het – en dit het als reg gemaak. Of dit nou ‘n stukkende toon op 6 of n stukkende hart op 16 was, die troos was dieselfde. Maar haar melkterte onthou ek met grot nostalgie. Vir my is pampoenkoekies my troos kos. Veral as my wonderlike skoonma dit maak vir my

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s