Onskuld in Baba week

“Mamma, het jy al ooit in jou lewe gesien hoe ‘n regte, egte babatjie gebad word?” Dis my 5 jarige se eerste woorde na skool in die week met die tema – Babas.“Nee my skat”, dink ek by myself – “min gesien, want ek was die een wat die badwerk gedoen het!” Ek kan sien hy lyk baie skepties oor my ervaring.

Die graad R’e se bad demonstrasie het ‘n diep indruk op my kleuter gemaak en hy is ewe trots om sy nuutgevonde kennis oor spermpies en eiertjies te deel. “Weet julle waar babas vandaan kom?” Hy is oortuig dat niemand in ons huis al die kennis in pag het, waaroor hy nou beskik nie.

Hy verseg egter om met die borslap en bottel afgeneem te word wat hulle kunstig in die klas uitgeknip en ingekleur het. “Want die mense gaan vir my lag en dink ek is ‘n baba!” Die grootste skande ooit…! 

“Ja my kind”, troos my ma – “nou verstaan jy eers wat dit is om ‘n ma te wees.” Jy kan hulle nie klein hou nie en hulle sal nooit groot genoeg wees, om te voel jou werk is afgehandel nie. Hulle leer en ontdek teen ‘n spoed waarvoor geen mens voorbereid is nie, en sodra jy voel of jy ouerskap onder die knie het, kruip hul uit onder jou vlerk. 

My wysneus sien en waardeer miskien nie nou wie hom grootmaak nie, vermoed nie wat alles vir hom opgeoffer word nie, maar hopelik glimlag hy eendag daaroor as hy sy eie kinders se onskuldige, salige onkunde (blissful ignorance) bespeur. Ek kry heimlik lekker, as ek dagdroom oor hoe hulle eie kinders hulle in eie munt gaan terugbetaal!  

Miskien is dit hoe ‘n mens jou ouers eer – deur ‘n goeie ouer vir hulle kleinkinders te probeer wees. ‘n Mens verstaan waarlik eers jou ouers se liefde en toewyding as jy self kinders het. As jy gelukkig genoeg is om nog jou ouers te kan bel en bedank – doen dit vandag nog!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Onskuld in Baba week

  1. engelneels says:

    Lief vir julle met kleinkinders en al!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s