Die vroue by die poorte

Iewers tussen die lewe en die hiernamaals werk daar ‘n paar aardse engele met ‘n roeping en ‘n gawe om mense in en uit die lewe te begelei.Ek praat van vroedvroue, kraamsusters en sterwensbegeleiders. Daarby sluit ek alle mediese personeel en nooddiens werkers in en in die besonder leraars wat oor die eerste en laaste asem waak.

Ek het die voorreg gehad om (toevallig?) by dieselfde nagsuster op te eindig met albei my kinders se geboorte. Wiesa is ʼn ongelooflike knap verloskundige aan wie ek albei babas se lewe te danke het. Skuus aan my manlike lesers vir kraamstories, maar dis deel van die verhaal. Met my oudste was sy heelnag besig om probleme op te los wat ek nie eens geweet het ek het nie! Die baba se naelstring om sy nek het fetale nood veroorsaak en ʼn noodkeiser was reeds opgestel, maar deur my konstant te draai en koelkop te bly het alles goed afgeloop.

Met my tweede was ek die aand reeds ingeboek vir ‘n induksie vroeg die volgende oggend, maar deur die nag gebeur ʼn stortkraam. Weereens is net Wiesa daar met ʼn histeriese en pieperige ma wat met ‘n epiduraal wou kraam. Pappa, narkotiseur en ginekoloog kon nie betyds wees binne die kwartier waarin ons jongste uitgevlieg het nie. Verby mediese kennis en toewyding tot haar professie, strek haar sterk karakter, liefde en deernis. Die tipe mens wat bomme kan ontlont en saam met wie jy na ‘n oorlog toe kan gaan.

Met dieselfde praktiese kundigheid en waardigheid werk verpleegpersoneel in terminale afdelings. Hulle is vreesloos en gemaklik met die dood en sag genoeg om die hele familie en die pasiënt voor te berei en te lei oor die moeilikste grens. My vriendin vertel van die roerende, heilige oomblik in die Hospice wat haar altyd sal bybly. Toe hulle familielid sterf en hulle in die spasie agterbly verby mediese hulp, woorde, begrip en verstand, begin die susters in die kamer sing. Eers baie sag en later kom nog stemme in wat by hemelse kore aansluit en ‘n brug bou.

Ek eer vandag hierdie spesiale mense wat bo-natuurlike energie en spirituele kapasiteit het vir die poorte waarvan gewone aardelinge wegskram.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Die vroue by die poorte

  1. travel460 says:

    Ek salueer hulle ook. Jy het pragtig oor hierdie engele geskryf.

  2. catjuggles says:

    Ai dis mooi Annabelle. En so waar – die mense het soveel moed En soms dan dink ek is hulle maar ook week. Vrydagmiddag le ek in ongevalle (dis ‘n blog storie daai) en ek hoor hoe die dokter vra vir ‘n Valium vir die ma van n 14 jarige wat alkohol vergiftiging het – en hoe sy byvoeg – wens ek kon ook een kry want hemel!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s