Post-Valentine’s afspraak op Tietiesbaai

Dis nie wat jy dink nie – wag laat ek vertaal: So vertrek ek en my vriendin (haar van is regtig Valentine) op die dag ná die 14de op ‘n slegs-dames-ekspedisie.Ons gaan vir ‘n 3 D fotosessie vir ons bates. Nee niks boudoirs nie – ‘n mediese verpligting met die nuutste tegnologie – by Tietiesbaai – soos sy dit noem. “Ons gaan uithaal en wys” laat weet sy my in ʼn sms. “Trek jou mooiste bra’tjie en panty sonder gaatjies aan!” Sy waarsku my ook dat sy altyd eers bietjie huil in die wagkamer voor sy ingaan en ek belowe om nie te kyk nie.

Hier sit ons elkeen met ons eie histologie. Ek het in 2013 my eie borskanker familiegeskiedenis begin skryf en sy het haar ma op skool verloor aan borskanker. Remissie is ‘n onpermanente adres en ‘n genetiese erfporsie is ‘n rooi lig wat vir altyd flits. ʼn Mammogram is vir ons ‘n groot ding, maar ons pak dit aan met humor en vrolikheid. Die hele uitstappie word ‘n heerlike kuier met ‘n draai in die koffiewinkel. Dit word my vriendin se eerste jaar sonder ‘n gepinkte traan.

Daar is baie dinge in die lewe wat moeilik en selfs onmoontlik lyk, maar met vriendinne soos dié kan ‘n mens dieptes deur en berge oor. Ons foto’s is vlekloos en verslae pragtig. Ons is dankbaar vir nog ‘n skoon jaar. As ons tyd kon afstaan het ons sirkels op ‘n strand gaan hardloop en uitgelate in die branders gaan spring, maar die kinders moet by die skool opgetel word. 

Die lewe gaan aan deur die goed en die sleg. Moenie jou gesondheid as vanselfsprekend aanvaar nie en doen jou daaglikse en jaarlikse pliggies. As jou kruis te swaar is om alleen te dra – vat ‘n vriendin saam – verkieslik een met ‘n fantastiese sin vir humor en ‘n onwrikbare geloof. En koop vir jou mooi nuwe onderklere – die lewe is kort!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Post-Valentine’s afspraak op Tietiesbaai

  1. travel460 says:

    Lekker sit ek nou hier by jou en lees terwyl ek wag vir my jaarlikse ‘uithaal en wys’.

  2. Gerba deKlerk says:

    Annabelle so bly jy en jou vriendin het jul tietjie toets geslaag So dankbaar! Ja ons neem goeie gesondheid baie ligtelik op x mpoi middag Groete tuis x

  3. Lieze Meiring says:

    Hi!

    Dis ‘n baie mooi stukkie

  4. catjuggles says:

    So bly als is reg! Ek moet ook een van die dae daai ding doen

  5. Avis Perks says:

    Love this post Annabelle. So pleased all is fine.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s