Kamp Kronieke

Bill Cosby sê “kinders grootmaak is so maklik soos om jellie teen ‘n boom vas te kap”. Ek staan met my oudste by die bus wat hom vir een nag koorkamp toe gaan vat.Dis sy heel eerste keer buite die nes en ek wonder hoe 9 jaar so gou verbygevlieg het en of hy al genoeg oor die lewe geleer het vir hierdie gebeurtenis. 

‘n Vriendin het gewaarsku dat ek pure verniet die nuwe badsakkie gekoop het, aangesien haar spruit teen Sondag arriveer in dieselfde klere waarin sy hom Vrydag afgelaai het. ‘n Ander vriend vertel hoe sy ma bekommerd was oor hy net die helfte van sy goed sou terugbring – toe sê sy ouma: “nou pak dan net die helfte in!” 

Ek bêre die twee stories in my agterkop en kry sy bagasie reg met groot entoesiasme. Hy word toegerus met my “Liefde in Beweging” Bybelsak wat CV kampe en Jeugfees-herinneringe by my opbring. Ek stik vir hom ‘n splinternuwe skottelgoedsak soos wat ek gekry het vir my eerste Landsdienskamp. Oupa se weermag eetservies word hoog en laag gesoek, maar word in die Kaap gevind vir ‘n volgende kamp. Ek was ‘n gesoute kamp-kind. My kitaar en gepakt was altyd eerste gelaai vir ‘n kamp in Koekenaap, Strandfontein, Biedouw of die Cerderberge.

Ek herinner hom vir oulaas aan alles wat goed, rein en prysenswaardig is en verjaag my eie vrese en verlange met ‘n groot stuk pizza en ‘n glas wyn.

Saterdagmiddag kom ons af op ‘n vrolike, moeë kind met nuwe maats en hope stories. Sy badsakkie is nooit oopgemaak nie, maar sy Bybelsak wel. Dalk het van die jellie wel iewers vasgesteek? Ek is trots en dankbaar vir alles wat hy kon beleef en leer. Dis waar dat kinders weer ‘n stuk van jou kinderdae kom teruggee. Gretchen Rubin som ouerskap vir my die beste op: “Die dae is lank, maar die jare is kort.” Ek is opnuut oortuig van ons grootste roeping.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Kamp Kronieke

  1. catjuggles says:

    Gits ja – myne kamp al van kleins af oor die Voortrekkers maar omdat ek daar uithelp is ek baie keer saam. Dit is baie waar oor daai badkamersakkie – maar net vir seuns. Ek onthou toe A in graad 4haar eerste 5 dag kamp gaan doen het – dit het soos ewig gevoel – my hart wou gaan staan het.

    Het jy Gretchen se “The Happiness project ” gelees?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s