Wat maak jy met jou slang in die gras?


Vinniger as wat jy kan sê “fobie”, moes hierdie ma háár lot en die uitnodiging na haar jongste se slang-partytjie aanvaar. Dis nie die eerste verrassende wending wat my sosiale lewe geneem het nie. Die grusame, grillerige en vreesaanjaende partytjie temas waarmee seuntjie ma’s moet saamleef sluit in spinnekoppe, seerowers, weermagte, spoke, drake, ridders en dierasies.

Met een sussie was my lewe, speelgoed en belangstellings redelik eensydig en oorweldigend pienk. Ek was aanvanklik skepties en bang oor die Here se besluit om vir my twee seuns te gee, maar die avontuur is werklik ‘n teken van hoe goed Hy my ken, Sy humorsin en perfekte plan. 

Die reuke, klanke, vlekke, beserings en eetlusse kry my partykeer onder, maar my horisonne word verbreed. Ek leer van vervoerstelsels, die ruimte, meganiese ontdekkings, prehistoriese diere, grondverskuiwings metodes, wetenskaplike eksperimente en marine biologie. Ek ken die verskil tussen ‘n zombie en ‘n mummie en die name van minstens 5 soorte dinosourusse. Ek kan die perfekte skakering kamoefleer versiersel meng en ek het gevorderde tweerigtingradiovaardighede. Ek kan die hele weermag alfabet opsê en verrassend goed kettie skiet en vislyn ontkoek. Skuus, nou spog en oordryf ek dalk effe!

Die partytjie was toe heerlik. My wonderlike vriendin is ‘n beroemde koek versierder en die skubberige ratelslang was ‘n belewenis wat niemand ooit sal vergeet nie. Daar was genadiglik geen lewendige slang demonstrasies nie en ons ma’s kon rustig kuier terwyl die kleingoed lekker swem en baljaar.

Op ‘n stadium verklaar my kleuter trots dat hy sy jellie- slang se kop afgebyt het, voor hy hom kan pik. En ek besef opnuut dis presies hoe ek my seuns wil grootmaak vir die lewe: dapper en moedig die krisis in die oë kyk, die uitdaging kop-eerste-takel en die gevaar onthoof voor hy kan nes maak in jou lewe. Ek hoop jy kan jouself die week heelhartig gooi in dit wat jou bang maak – en dalk verras die uitkoms jou! Byt jou slang se kop af!

Naskrif… volgende week berig ek oor my oudste se eerste kamp. Ons sal maar sien wie was toe moedig en wie nie…

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Wat maak jy met jou slang in die gras?

  1. Gerba deKlerk says:

    Ai Annabelle dit was nou n lekr seuntjie ma storie xx lieflike slang xx so moet n mamma e ouma mos maar aanpas by jou gehoor xx mooi dag xx

  2. catjuggles says:

    Gits ja, toe Christian in graad R was hou ‘n maatjie ‘n grillerige goeters partytjie. Daar is spinnekoppe, ‘n brulpadda en slange! Toe word hul genooi om aan die luislang te vat – as mamma of pappa ook sal! Ek was fisies siek daarna maar ek het dit gedoen (ek het ‘n reuse slang fobie)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s