Rustigheid


Elke jaar as die PUK-eerstejaars se foto’s op Facebook begin opduik, verlang ek na Potchefstroom se akkerbome en tannie Antoinette se ruim, koel ou huis in Tomstraat, met sy persiese matte vol musiek en boeke en altyd ʼn lekker eetdingetjie.Dit was vir hierdie verskrikte koshuisbrak ʼn idilliese, ontspanne, toevlugsoord. 
Haar positiwiteit en humorsin het die klaargespeel met enige verlange huis toe, of kêrel-kwellinge. ‘n Vrou soos wat Marian Keys beskryf “wanneer sy uit ‘n vertrek gaan, los sy ʼn warmte agter waarin ‘n brood kan bak. So ʼn glystroom het ek begeer en so ʼn rustige, erbarmende huis was my droom.

Vroegaand in die tuin terwyl die dag begin spoed verloor, sit ek en wonder oor die gewoel van my dag en my lewe hier in die stad. Vandat die jaar begin het was ek nog heeltyd uitasem en ietwat bekommerd. Daar was lyste vol lysies en die nuwe skool- en kerkjaar kom elkeen met ‘n nuwe kalender en roetine.

Ek wonder of kalmte en bedaardheid net beskore is vir inwoners van klein plekkies op rivieroewers. Daardie plekkies waarvan die lot van ‘n gemeenskap op ‘n padkaart uitgespel word – Verkeerdevlei, Blinkpan, Askraal, Verneukpan. Vredige plekke waar jy ongesteurd en langsaam kan leef.

Ek wonder of die mense van Breekbeenkolk of Hakskeenspan ooit gejaag en oorstuur voel? Ek wonder of Wildehonnepan se skoliere ook sulke vol programme en swaar tasse het? Maar dan onthou ek hoe die lewe op Lutzville ook maar met tye woes geraak het.

Miskien is rustigheid nie ‘n plek of ‘n lewensfase nie. Dit is waarskynlik ‘n lewensstyl wat jy elke dag moet kies. Die keuse om stadiger en eenvoudiger te leef. Ek neem my voor om mooier met my tyd te werk, meer georganiseerd te raak en tyd te maak vir mense. Dit sal so lekker wees as daar oor my huis gesê kan word “Rustigheid woon hier.”

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Rustigheid

  1. Gerba deKlerk says:

    Dankie Annabelle, wens jou e jou gesinnetjie n rustige jaar toe xxxx Saretha kla ook vanaand daar is elke dag n ander briefie of besluit wat geneem moet word: of skaak, monkey nastixs (spelling?), socker stars, maths, karate, ens.

  2. catjuggles says:

    Ag dis so mooi geskryf! Ek voel nes jy – het hierdie jaar net te gejaagd begin. Te veel dinge en lyste en vergaderings ens. Ek wil ook altyd strewe na rustiger en dan wat? Onverwags moet ons atletiek in ‘n vole en uitgewerkte week program inwerk. Mens is bly hulle kom in die span maar die oorsaak is ‘n maand van chaos. En dan strewe ons maar weer tot rustiger wees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s