Dapperheid

Voor ons wegtrek op ons 7.5 km strandstap, vra my man ons 5 jarige of hy dapper en fluks is. Sonder aarseling antwoord hy “Ja pappa!” – en toe na ‘n lang stilte “pappa, wat is dapper?” Die maer beentjies het toe wel flink Deurspring toe en terug gestap op die heerlike Strandfontein langstrand en ons is verbaas en trots. Wat is daai spreekwoord van met dapper en stapper?

Ek was nog nooit besonder dapper nie. As ek die indruk geskep het, was dit ‘n kwessie van ‘fake it till you make it’. Die kere wat ek wel manhaftig of vreesloos opgetree het, was dit “fools rush in where angels fear to tread.” Meeste kere was dit ‘n instinktiewe onverskrokkenheid deur ‘n krag groter as myself. Daardie sinne wat van kleins af in jou hart graveer is: “ek kyk op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom…” En “wees sterk, wees dapper…”

Die hele vakansie is my gedagtes (saam met duisende ander) by die Brink gesin na hulle ernstige motorongeluk op pad na familie vir Kersfees. Terwyl ek my kinders se lysies skoolgoed regkry moet Mamma Lise na byna ‘n maand, begin wakker word in die hospitaal, met ‘n lys van al haar verliese. Sy het haar hele vakansie – Kersfees en Nuwe jaar – gemis, haar been is geamputeer, haar galblaaas is verwyder, twee van haar kinders is oorlede en hulle hele lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Pa Danie is alleen in die storm en deel daagliks nuus op die omgee groep op Facebook. Daar lê nog baie operasies voor en ‘n begrafnis. Ek kan my die wanorde en trauma nie voorstel nie. Tog vertel ander hoe dapper en sterk hy is. Hyself getuig hoe almal se onderskraging en gebede hom dra. Ek bid saam dat Lise en Danie daagliks Goddelike krag en genesing sal ontvang om hier deur te kom.

Jy staan waarskynlik soos ek aan die begin van jou jaar ook voor ‘n klomp uitdagings. Jy het geen idee of jy genoeg geesteskrag het om alles te hanteer wat op jou pad gaan kom nie. Miskien twyfel jy oor jou eie durf en deug. Ek dink dapper is nie altyd iets wat jy beplan om te wees nie, dis soms net iets wat met jou gebeur en oombliklik weet jy dis nou die tyd om moedig en heldhaftig te wees. Ek dink dapperheid is oё toeknyp, diep asemhaal en een dag op ‘n slag vat. Ek dink dapperheid is ‘n ingesteldheid, ‘n keuse en reuse geskenk van God. Mag jou eie dapperheid jou verras in alles wat jy gaan hanteer en aandurf in 2017!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s