Bontsannies vir Kersfees

“Hoekom moet Jesus se sproeiers so hard raas?” Dis my 5 jarige wat dankbaar is vir genade reën oor ons tuin, maar wat (soos sy Kaapse ma) bitter bang is vir die helse kabaal wat ‘n Hoëveldse donderstorm kan opskop. 

Die Kersvakansie Deel 1 (tuis en grootliks in die swembad) is baie lekker, maar dis eintlik na Deel 2 waarna ons uitsien. Kersfees hoort op Strandfontein. Sonder huisalarms, blaffende honde, besige winkelsentrums en donderbuie. ‘n Klein bietjie mis wat dalk oor die see kom vir lafenis, maar geen hael en weerlig nie. Daar is iets omtrent ‘n Weskus Kersfees wat net so deel is van my DNA en ons familietradisies. 

Een van die belangrike tradisies is die voorbereidings wat vir Deel 2 gedoen moet word. Die kombuis word ‘n tydelike bakkery vir die vakansie se koekies en beskuit. Die vrugtekoek is reeds in September gebak en word net vir oulaas gedokter sodat hy sawwelyf genoeg is vir oor die groot dae… (lees dronk genoeg om op die pad te gaan en vrugtig deur die Kalahari te kom. 

Een van die belangrikste goed op ons Kerslysie wat gedoen moet word is Bontsannies. Dis my man se naam vir vrugte-yskas-blokkies wat ons net oor Kerstyd maak. Daar kom vrugtekoekmengsel, kondensmelk en alle kleure kersies in. Die kleurvolle blokkies is daarom herdoop na my geliefde, gebreide hanswors wat my troosmaatjie was in my luier-dra-dae. Ek het geen idee hoekom ek hom ‘n vrouenaam gegee het nie!

Bontsannie het ʼn rowwe baba gehad om op te pas, so hy is uitgetoiing en dun soos ‘n oorlewende van oorloë en groot pes, maar steeds ‘n simbool van ‘n gelukkige kindertyd. En so is ons Bontsannies deel van ons gesin se geskiedenis en Kersrituele waarna my kinders hopelik ook eendag met heimwee sal verlang en self sal oordra aan hulle kinders.

Geseënde Kersfees en dankie aan almal wat lees en altyd sulke mooi terugvoer gee! Mag julle ook ‘n oordadige lekker, onopgesmukte vreugdesfees beleef saam met julle spesiale mense.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Bontsannies vir Kersfees

  1. Avis Perks says:

    Wishing you and your lovely family a joyous and blessed Christmas. I always enjoy your beautifully written blogs so much. From your Engelse vriendin.

  2. engelneels says:

    Nie geweet Bontsannie is nog met ons. Sy baadjie lyk nog helder, maar sy gesig kort ‘n make-over! Jy het nou baie praat ontlok!

  3. Gerda van der Westhuizen says:

    Weer eens heerlik hieraan gelees, Annabelle. Sal lekker wees om julle op Strandfontein te sien. Tannie Gerda

  4. ekmyselff says:

    Geniet. Veilig ry en n Geseende Kerstyd vir julle

  5. Gerba de Klerk says:

    Annabelle, hoop jy en jou gesinnetjie gaan n heerlike vakansie op Strandfontein hê!
    Veilig ry en ai, daai blokkies koekie waarvan Pieter hou, is ook my gunsteling.
    Mag julle ook n wonderlike Feesgety hê saam met jul kosbare familie Baie liefde xxx

  6. Ohna Reyneke says:

    As ek so na al jou mooi foto’s kyk, lyk dit of julle weer ‘n uithaler Strandfontein Kersfees gehad het! Hoop die herinneringe is genoeg om die hele jaar op te teer. Jammer ons het nooit bietjie gekuier, ek moes eintlik jou en jou ma se Kersfeeskoek kom beoordeel het!! Geseënde jaar vir julle! Liefde tan Ohna

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s