Vriendskap vir ‘n leeftyd


Agt en dertig jaar gelede stel my ouma voor dat die jong mamma met die kleuterdogtertjie haar eie dogter moet ontmoet. Daardie mamma is vandag nog my ma se beste vriendin en die kleutertjie, my vriendin vir die grootste deel van my lewe. 

Deur die jare het ons by ons ma’s geleer oor vriendskap. Een van die “weeldes van die gees”. Vroeg reeds het my ma en my ander ma ooreengekom om alles vir mekaar te vertel. Sover dit oor hul dogters gegaan het, is dit nooit as spog beskou nie. Hulle kon met vrymoedigheid hul vreugdes en teleurstellings deel.

Bekommernisse en vrese kon in een oproep op die plaaslyn opgelos word. Saam het die twee vir ons Valentyns-kaartjies gestuur, sodat ons nie sleg hoef te voel as ons niks kry nie. Hoe dikwels moes hulle nie planne beraam om ons geluk, prestasie, gemak, gesondheid en toekomsdrome te verseker nie.

Vandag nog ruil ons 4 nuus en raad uit en vier mekaar se lewens. Toevallig het ons albei net ’n klomp kleinseuns vir ons ma’s gegee wat net dogters grootgemaak het. Die ma’s wat gewonder het of hul dogters mans sou kry, het nou meer manne in hul lewens as waarvoor hulle ooit kon vra! 

Nou dat ek vir my seuns oor vriendskap moet leer, besef ek die waarde van mense wat in jou glo en vir jou omgee. Ek glo in die terapie en vreugde wat vriendskap bring. Ek hoop my kinders kies mense wat hulle inspireer, eer, help, aanvaar en koester.

Ek weet mense kom en gaan oor jou pad. Dis die verloop van die lewe dat bande gesmee en gebreek word en dis daarom baie kosbaar as vriende regtig vir ‘n leeftyd op mekaar ingestel is. Vriendskap is ‘n geskenk en ‘n seën, maar meermale ook ‘n keuse en ‘n besluit om iets van jouself te gee.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

2 Responses to Vriendskap vir ‘n leeftyd

  1. Adéla says:

    Kosbaar.

    Adéla Engelbrecht Sent from my iPhone

    >

  2. travel460 says:

    Pragtig geskryf, en regtig spesiaal. Ek het ook sulke vriendskappe, en gun my 3 dogters om in my voetspore te volg. Ons sal mekaar altyd nodig hê, vriendinne maak jou lewe ryker.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s