Lof offers

Ek is deel van die grootste koor in Afrika. Ja, jammer – ek skryf al weer oor Capital Singers! Die naweek het 430 stemme uit volle bors lof en eer gebring tot in die hoogste hemele. 

 Maak oop jou hokkie jy moet vlieg skat!

So word ons aangemoedig om van onsself te vergeet en met hart en siel verlore te raak in die oomblik en in die musiek. Gewone mense voeg hulle stemme bymekaar en deur sinergie vorm ons ‘n grootse instrument wat meesterlik deur Christo Burger en Michael Barret bespeel word.

Gedurende so ‘n naweek word lewenslange vriendskappe gesluit. My oë gly oor die uiteenlopende groep mense. Trotse pa’s, liefdevolle seuns, wyse grootouers, elegante dogters, beste vriende, gunsteling onderwysers, beroepsvroue en tuisbly ma’s. Elkeen is iemand belangriks vir iemand. Onmisbaar vir baie mense of onvervangbaar vir selfs net een persoon. Tussen die groep is ‘n gemeenskaplike doel om van hulself te gee vir mekaar, vir God en vir musiek, want dit is wie hulle is.

Dit laat my dink oor die verskillende vorme van lof. Ons weet hoe om geld en tyd offers te bring, maar daar is so baie ander.
Vir my is musiek en veral koorsang suiwer lof. Al klink jy soos ‘n vleissaag of al mis jy hier en daar ‘n noot. In ‘n koor is jy deel van ‘n organisme waar sinergie die individue saamvoeg tot meer as wat hul ooit kon droom. In innige teer oomblikke of uitbundige, liriese crescendo’s is dit amper asof jy jou feilbare mensheid kan afskud. En in die stiltes tussen in, ervaar mens dikwels die Heiligheid en Oneindigheid wat die hele Openbaring nie in woorde kon opsom nie.

Die ander offer is waaroor Annalise Wiid skryf “To be fully myself is an act of worship.” Dit is my begeerte – om iemand te word wat haar eie lyf met grasie en sonder wroeging bewoon. Met al my talente tot Sy eer wil ek lewe en ander gun (en aanmoedig) om ook hulle volle self te wees. 

Ek wil jou ook aanmoedig om te sing (Capital Singers brei volgende jaar uit na die Woordfees in Stellenbosch!). En veral om jou offers in hierdie Kerstyd te bring. Waardeer, eer en vier jou menswees en die lewens van almal om jou. Maak jou genade goedkoop en jou aanvaarding onvoorwaardelik. So word ons hele bestaan ‘n lof-offer oor wie se lewe God glimlag.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Lof offers

  1. Toortsie says:

    Hoe werk Capital Singers? Waar is hulle? Sing hulle deur die jaar? Waar kan ek meer inligting bekom?

  2. engelneels says:

    Lekker man! Bly jy het dit so geniet.

  3. catjuggles says:

    Ag liewe Annabelle – jy sê dit so pragtig. Was heerlik gewees!

  4. Pingback: Kerkzijn in een ik-gerichte tijd | Stepping Toes

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s