Supermaan in ontstuimige tye

Dankie Pieter vir my mooi maanfoto. Geen skrywer of fotograaf kan mos so ‘n groot maan mors nie…

Niks is vir altyd nie. Terwyl ek half betower vir die reuse maan staar, besef ek net weer hoe alles in die kosmos in kringlope beweeg. 

Wêreldordes, hemelliggame en natuursisteme kring deur die eeue in ‘n konstante patroon. Alles gaan verby, alles begin weer nuut. Nou kyk ek wil nou nie filosofies raak oor politieke sisteme, sosiale ongeregtigheid en godsdienstige diskoerse nie, maar die laaste jaar voel dit vir my of die wêreld baie deurmekaar is. 

Ek hou die media dop vir goeie nuus, so asof ek wil boekhou of daar darem nog meer goedheid as boosheid op aarde is. Dalk vertrou ek te veel op prinse en vertrou ander met my geluk. Of dalk is ek baie naïef en beïnvloedbaar, maar met elke stuk slegte nuus raak my vrese meer en my kringetjie kleiner. 

Miskien moet ek myself onthuts besluit ek. Julle weet mos mense # “hashtag” of hutsmerk elke storm in elke teekoppie. Elke week is daar ‘n nuwe veldtog, jaagtog of kruistog wat mense die harnas in jaag. Ek kies nou om nie meer opgeklits en aangehits te word deur elke kwaadstoker wat vir ‘n minuut lank ‘trend’ en maande daarna nyd oes nie. Ek is nie totaal immuun, zen of apaties nie, maar ek poog om meer op die tydlose magte soos liefde en musiek te fokus.

As Christene was ons buitendien nooit veronderstel om gemaklik en tuis in hierdie wêreld te voel nie. Dit is immers net ons tydelike woning en ons andersheid en vervolging is ons banier van eer. As die supermaan weer oor ‘n paar jaar kom, sal ek waarskynlik lag vir hierdie blog, maar hopelik met meer wysheid begryp dat alle kringlope en wentelbane steeds deur God bestuur en noukeurig beheer word.

God bless Africa and her sons and daugthers too. Loof heel die Skepping!
#vrede #hoop #liefde

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s