Sewe is op pad!


‘n Jaar gelede doen ek ‘n pret fotosessie met my seuns in voorbereiding vir my sussie se swangerskap-aankondiging. 

Sien die foto waarmee geboortes of verlowings aangekondig word op sosiale media, is deesdae net so belangrik soos die trou uitnodiging of die ooievaarstee tema. In die geloof dra ons die Aussie kangaroo, koala, Quantas en Jetstar speelgoedvliegtuie uit om die vreugdenuus oor ons Tasmaniese niggie of nefie te demonstreer. Dit was net na hulle eerste Invitro inplanting en soos elke IVF familie het ons geglo dit sou dadelik werk. 

Dit het nie. Ook nie die tweede of derde keer nie. In haar Blog kla sy die minimum en behou haar humor, maar ons kan ons die astronomiese kostes en hormonale wanorde voorstel. Wat vir soveel mense as ‘n glips gebeur, word vir ons hele familie ‘n emosionele mallemeule rit met baie meer affe as oppe.

Nou – ‘n jaar later is ons almal se gebede verhoor in die volheid van Sy tyd. Die sewende inplanting was suksesvol! En hierdie sewende embrio gaan in die sewende maand van 2017 arriveer na hulle 10de huweliksherdenking. Vir die kind van ‘n wiskundige is dit Bybelse perfeksie. Ons gesin het hierdie lensie-grootte baba “Sewe” gedoop tot tyd en wyl sy ouers aan ‘n beter naam dink.

Daar is nie handleidings vir onhanteerbare verlies, verlange en verdriet nie, maar ook nie vir onbeskryflike geluk, ekstase en vreugde nie. Die lewe is nou maar eenmaal iets wat elke sterfling moet deurleef en sy weg met stampe en stote moet vind. Wat my sussie se IVF reis my weer geleer het is die volgende: Geloof, humor, liefdevolle ondersteuning en ‘n goeie skoot hardkoppigheid kan jou deur baie dinge dra. Koester kosbare vriendskappe, veg vir jou drome en gee hart en verstand oor aan God!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Sewe is op pad!

  1. catjuggles says:

    Ai – uitstekende nuus – in die volheid van die tyd – net perfek.

  2. travel460 says:

    Onbeskryflike geluk, ekstase en vreugde. Ek wil dit meer raaksien en daarvan hoor. Geniet die tyd van afwagting wat voorlê.

  3. Toortsie says:

    7×7! Wonderlik! Mag dit baie goed gaan!

  4. Gerda van der Westhuizen says:

    Ons deel in julle hele familie se vreugde, Annabelle!! Tannie Gerda

  5. Gerba deKlerk says:

    Annabelle so dankbaar jou persverklaring kon eindelik gestuur word Xxxd

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s