Oorgenoeg vir vandag

Ek is ‘n opgaarder. Ek erken dat dit my lekker knus en veilig laat voel as my kos- en yskas vol is. Ek vermoed dit spruit uit my kinderdae.

Die plaasspens was altyd vol ingelegde, gedroogde en gebakte voorraad. Selfs al is ek nou 2 minute van die naaste winkel af, is dit vir my gerusstellend om te weet daar is ekstra kos vir ingeval… As my beskuitblikke se bodems begin wys, begin ek sommer al reeds bak en as ek hoor van waterskaarstes begin ek sommer alle leë houers vol tap. Ek sou nie een van die dwase 10 maagde gewees het nie, want my spaar olie sou maande vooraf gekoop gewees het!

Oor die toekoms is ek dieselfde. Ek kan my vreeslik bekommer oor alles van ons kinders se opvoeding tot ons aftrede. Ek kan wakkerlê oor enige iets wat opraak – ons land se geld, water, elektrisiteit, kundigheid, huwelike, gesondheid en veiligheid. Nie dat ek al ooit gebrek gelei het of selfs sonder petrol gaan staan het nie!

Ek dink die hemel is ʼn plek waar niks ooit opraak nie. Daar is onbeperkte hulpbronne, liefde, energie, tyd en spasie. Maar die Here belowe dat ons tot dan, elke dag genoeg sal hê. Ons is veronderstel om in afhanklikheid en dankbaarheid te leef naby aan Die Groot Voorsienigheid.

Ons leraar preek die ander Sondag so mooi oor Manna. Hierdie magiese, voedende kos wat letterlik vertaal kan word as “Wat is dit die?” So moet ons ook elke besitting van ons waardeer en nuut daarna kyk en vra “wat is dit?”

Ek moet leer leef volgens die Gouelokkies reël, nie te veel nie, nie te min nie, net reg. Ons Hemelse spens is die enigste sekuriteit waarop ons kan staatmaak en die Groot Logistieke Meester sal voorsien. Hoe lui daai spreekwoord – “daar is geen sagter kussing as geloof nie.”

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Oorgenoeg vir vandag

  1. travel460 says:

    Jy skryf so waar, Annabelle. Ek kan ook maar lekker tot in die verre toekoms in dink. Jy het my net weer herrinner om te ‘let go and let God’.

  2. Gerba deKlerk says:

    Annabelle So mooi gese^ Ons so bevooreg dat ons hemelse spens altyd vol is e ons ontvang soveel male sonder om eers n aanvraagbestelling in te sit Mooi aand vir julle Liefde x

  3. Toortsie says:

    Maar daar is ook geen fout daarmee om voorbereid en georganiseerd te wil wees nie. Mooi geskryf dankie.

  4. catjuggles says:

    AG ek is ‘n regte opgaarder! Ek is al beter met kos en so maar sentimentele goed is my einde.

  5. Ohna Reyneke says:

    Dankie dat jy my weer laat nadink….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s