Goedheid en guns

My oupa het geglo hy is met die goue lepel in die mond gebore. Nie oor sy spreekwoordelike adellike ouers of welgestelde peetouers nie, maar oor goedheid en guns hom gevolg het.
Dis vir my steeds ‘n pragtige uitdrukking, want as Koningskinders is ‘n goue lepel elkeen wat dit toeëien se erfporsie. En dit wat ín jou is, bepaal hoe jy die wêreld sien.

Party mense gaan uit hul pad om aan ander te wys die wêreld is vol goedheid. Ek onthou hoe ek opgewonde gewag het vir oom Maans wat elke week ‘n karamelmagie (my naam vir caramello beertjies) onder in die leë melkkan vir my plaas toe gestuur het. Dertig jaar later is daar weer tannie Chrisna wat my seuns se blomme, koekies of sommer net drukkies ruil vir lekkers by die kerk. Soos baie oumas met kinders in die buiteland, het sy besluit om my twee aan te neem as kleinkinders en hulle te bederf met geskenkies en drukkies elke keer as sy hulle sien. Sy hou selfs klein pakkies lekkergoed in haar handsak gereed vir ingeval sy hulle in ‘n winkel raakloop!

So lees ek die skatlike storie van ‘n seun wat vir sy sussie ‘n teddie wou koop met skulpies wat hy versamel het. Die winkelier het die transaksie met ‘n glimlag beklink en selfs skulpie-kleingeld teruggegee. Net sodat die kind as grootmens aan hom sou dink en sy geloof in die goedheid van die wêreld sou behou.

ʼn Liefdesdaadjie noem my ma dit en dit hoef niks te kos nie. Met ‘n klein gunsie, ‘n bietjie van jou tyd of ʼn bederfie en jy kan weer die glinster in mense se oë terugsit. Dink waarmee jy iemand kan verras en kinderlik opgewonde maak sodat daardie persoon weer kan glo die wêreld is ‘n mooi plek. Moenie wag vir Kersfees nie – stuur elke dag ‘n stukkie liefde, hoop en genade uit in die wêreld.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Goedheid en guns

  1. Toortsie says:

    Oee ek hou hiervan! God is goed! Ons moet net ons hand uitsteek om die goedheid te ontvang.

  2. catjuggles says:

    Pragtige idee – random act of kindness. Op ‘n stadium het ek greeld dit gedoen – hoekom op aarde het ek opgehou?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s