Moet net nie daar kamp opslaan nie

Hierdie sinnetjie van ons onkologieberader het by my vasgesteek. Siekte, misdaad, politieke chaos, droogte, dood, egskeiding en werksverliese kan al die mooi uit die lewe opsuig.
Dis heeltemal in orde om totaal verdrietig en verlore te voel by tye. Dis doodmenslik en normaal om depressief, bang en wanordelik bitter te voel. Solank jy net nie daar kamp opslaan nie.

Laas naweek gaan kamp ons te heerlik saam met die seuns. Pa leer die seuns visvang, ons word wakker met voëlsang, daar word geswem, in die sebra se oё gekyk, roomys geëet en onder die volmaan gebraai. As seuntjie-ouers moes ons albei leer om kamp te geniet. Ons verkies steeds die plekke wat – soos ‘n vriendin dit noem – “sjokoladetjies op die kopkussings los.” Maar net vir ‘n naweek kan ons ontvlug na die bosveld en die elemente trotseer met ons tent en opslaan bedjies. 

Die afgelope ruk is ek voos vir berigte oor ons waternood, korrupte leiers en universiteits geweld. ‘n Vriendin se pa word gekaap en geskiet en ‘n ander vriendin verloor haar kollega 2 maande na sy die kanker nuus gekry het. Die onafwendbare rommel- en muishondstatus dreigemente laat my opnuut wonder oor die kookpot van woede, verlies en onsekerheid waarin ons probeer leef. Nou weet ek een opsie is om my totaal oor te gee aan die angs en depressie van almal rondom my. Daar kan ek (op ‘n mishoop) permanente tentpenne inslaan en uitkamp onder ‘n donker wolk . Daar kan ek apaties wegkruip, want daar hoef jy nie aan oplossings te dink of aktief by te dra om sout en lig te wees nie. 

Dis nodig en lekker om vir ‘n naweek wonde te lek, die geur van nat stof diep in te asem na ‘n donderstorm en die son te sien sak terwyl die tarentale histeries uitroep “dit neuk, dit neuk!”. Maar na die naweek kan ons oppak, voluit kom leef, goeie nuus soek en versprei en liefde kies as teenvoeter vir als wat verkeerd is, want dít is wat geloof is.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s