Die grootste geskenk is binne-in die persoon langs jou

My skoonma smeek my nou al lank om ‘n blog te wy aan haar gunsteling woord: verkneukel.
Die woord wat Dr. Anton Prinsloo beskryf as letterlik jou kneukels staan en vryf van lekkerte soos ‘n winkelier wat ‘n goeie transaksie beklink. Dit laat my terugdink aan my ouma op 90 se lagplooitjies wat sommer so gekreukel het toe sy aan haar eerste Magnum gesmul het. So hierdie week verkneukel ek my in mense wat die afgelope ruk oor my pad gekom het. 

Ek het al in ‘n vorige blog vertel van die plomp rooikop tannie in my aqua klas wat ʼn Russiese spioen in die SA geheime diens was in die kommunistiese jare. Sy is nie die enigste onopsigtelike heldin in daardie klas nie. Elke keer word ek verras en oorrompel en ek kan my net in mense se innerlike krag, humor en lewenslus verwonder. 

Daar is ‘n ma wat haar drie-jarige aan leukemie afgestaan het, maar steeds met ‘n vonkel in die oog voortleef. Daar is ‘n ATKV veertjie wenner wat opgewonde vertel van haar regs woordeboek en passie vir ons taal. Daar is ‘n weduwee wat die drade van haar lewe optel en herrangskik met Goddelike grasie en sjarme. ‘n Afgetrede verpleegster wat by sterwende kankerpasiënte gaan bly om hulle en hulle gesinne by te staan tot die einde.    

So gebeur daar elke dag heilige oomblikke waar iemand sy storie deel. Dit gebeur soms heel onverwags en jy is nie altyd gereed om dit met die nodige respek aan te hoor nie. Nie almal se storie is dalk buitengewoon nie, maar dis ‘n stuk van hulleself wat hulle aan jou toevertrou. My ouers het dikwels die uitdrukking gebruik: “moenie hom vlak kyk nie”. Staan tyd af vir die mens langs jou in die ry en verkneukel jou in die persoon se menswees.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Die grootste geskenk is binne-in die persoon langs jou

  1. catjuggles says:

    Ag dis so pragtig Annabelle!

  2. Adéla says:

    Baie mooi geskryf Annabelle!

    Adéla Engelbrecht Sent from my iPhone

    >

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s