Toe bak ek maar beskuit


Ons gemeente hou ’n 40 Dae Seisoen van Menswaardigheid saam met ’n VGK gemeente.

‘n Hartsvriendin word diep geraak deur die stories wat uitgeruil word oor gasvryheid te midde van armoede en deel hierdie goed voel storie:

In die betrokke buurt is daar een vrou wat werk het. Die res probeer soek tevergeefs en oorleef van toelaes. ’n Man (self werkloos) vertel hoe hy op ’n dag mense ontvang wat vra vir kos. Hy het toe self niks om te gee nie, maar hy onthou hoe sy ma hom leer brood bak het. Hy bied toe aan dat hulle wag en hy bak vir hulle ’n heerlike vars broodjie. Van daardie dag af bak hy vir mense brood. Almal in die buurt weet nou al hulle kan vir hom meel en gis koop op uitverkopings. As die vooraf betaalde krag op is, bak hy sommer in sy buite bakoondjie. As daar nie gis is nie, maak hy sy eie met aartappelskille soos sy ma altyd gedoen het. 

Hy is ‘n doodgewone man wat ‘n goeie werk verloor het en selfs trollies stoot by winkels om vir sy gesin te sorg. Deesdae besef ek al meer die werklike krag van ‘n samelewing lê by die doodgewoonste mense wat gewone mooi goed doen.

Met ‘n klein bietjie kreatiwiteit en gehoorsaamheid kan ons ander se menswaardigheid herstel deur liefde en omgee. Gasvryheid gaan nie oor glans, luukses of oordaad nie. Dit gaan oor vrygewigheid met jou tyd en talente. ’n Stukkie van jouself. Daar is geen warmer ontvangs as ’n glimlag en oop arms nie. Daar is geen maaltyd meer vullend as een wat met liefde voorgesit is nie. 

Ek wonder hoe ek my vriendin kan troos met haar verpletterende diagnose en hoe ek ’n ander gesin kan bedank vir ’n groot guns. Ryk is ek nie dat ek gul kan uitdeel nie … so toe bak ek maar beskuit. Wat is daar wat jy die week kan doen?

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Toe bak ek maar beskuit

  1. catjuggles says:

    Ek onthou daai pragtige preek – ek het ‘n vriendin wat vreeslik in “love languages” in is . Hare is “acts of service” – jy kan vir haar geen beter geskenk gee as tuisgebakte beskuit of ‘n broodjie of so iets nie. ‘n Handgetekende kaartjie ens

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s